Die Clicks Beauty Fair is tans aan die gang en stel weer hul gesogte mooimaakboks vir die lente bekend. Hierdie boks waarvoor baie na uitsien, bevat alles nuut en innoverend in skoonheid vanuit Clicks se oë.
In hierdie seisoen se mooimaakboks, is daar 21 moethê-produkte wat van skoonheid, velsorg, haarsorg en lyfsorgprodukte insluit, wat jy in jou skoonheidsroetine kan insluit, soos die warmer dae al meer raak. Al die produkte in die boks word apart in uitgesoekte Clicks-winkels of aanlyn by www.clicks.co.za verkoop.
Velsorg
Ons het die IQ 10% vitamien C-serum wat jou glans ’n hupstoot sal gee en vir geligte en fermer vel, het ons die Sorbet Lifting Serum, ’n moet op jou spieëlkas.
Vir ’n stralende en gesonde gelaat, het Neutrogena die Retinol Boost+ Intense Care Serum en die Retinol Boost+ Intense Cream sowel as die Neutrogena Spot Controlling Daily Serum vir doelgerigte sorg.
Ander noodsaaklike velsorgprodukte in jou mandjie behoort die Bioderma Sebium Kerato+ in te sluit wat perfek is vir olierige vel of vel wat maklik vlekke vertoon. Jy wil niks daarvan hierdie seisoen hê nie. En die Vichy Mineral 89 Light Cream vir daardie ekstra bietjie bevogtiging. Sê totsiens vir plooitjies met die Nivea Q10 Anti-wrinkle Filler Serum.
Dit maak nie saak hoeveel serums en wonderlike produkte jy by jou velsorgroetine insluit nie – dit gaan geen verskil maak as jy nie sonbeskerming (SBF) gebruik nie. Die IQ Daily Defence Sunscreen SPF50, sal jou vel goed beskerm. Labello bied hul nuwe Hyaluron Lip Moisture Plus om jou lippe sag en vogtig te hou.
Sorg vir jou liggaam
Volgende kyk ons na hoe jy jou lyf met voorstelle vanuit die Lente-mooimaakboks kan bederf. Moenie vergeet om jou voete met Oh So heavenly Sole Retreat Exfoliating Foot Sugar Scrub te vertroetel nie. Dit sal jou voete sag en glad laat voel. En as jy die hele dag lank vars wil voel, het ons die Oh So Heavenly Advanced Benefits Even Tone Deo Stick. ’n Nuwe produk, die Oh So Heavenly Coconut Glow Body Scrub, is die romerigste afskilferaar wat met appelkoospitte gemaak word om vir jou daardie lentegloed te gee.
Vroue, as jy steeds na ’n spesiale geur op soek is om jou maat mee te bederf, dan is Yardley English Blazer ’n gunsteling wat die tyd deurstaan.
Haarsorg:
Vir jou hare, het ons John Frieda Detox en Repair Protection Spray so wel as die John Frieda Secret Agent Perfecting Cream vir daardie gladde Sofia Richie-voorkoms.
Die Oh So Heavenly Repair n Care Heat Defence Spary is hier om jou lokke teen die hitte te beskerm. So belangrik!
Kleurskoonheidsmiddels:
Ons beweeg na grimering. Ons het ’n wonderlike Wet n Wild Eyeshadow Palette in Camo Flaunt, perfek om daardie pragtige lentevoorkoms te skep.
Kom ons praat lippe: Revlon new ColorStay Suede Ink Lipstick vir kleur vir jou lippe wat lank hou hou, is in 12 pragtige kleure beskikbaar om uit te kies, en die Yardley Intense Shine Lip Lacquer in Pillow Talk gee vir jou daardie glansryke afronding. Vir jou naels, het ons Yardley Stayfast Nail in Rebellious Rose – ’n pragtige skakering wat perfek by hierdie seisoen pas.
Hier is ’n paar wonderlike, nuwe skoonheidsgunstelinge en ons sien uit daarna vir jou om dit te probeer – en nou kan jy! Kry hierdie beperkte uitgawe van hierdie Lente-skoonheidsboks ter waarde van R4 006 in die hande.
Al die produkte is apart beskikbaar by uitgesoekte Clicks-winkels en aanlyn by www.clicks.co.za
Staan ’n kans om ‘n Clicks Beauty Fair Spring-mooimaakboks te WEN!
Bepalings en voorwaardes: Alle pryse in rooi rose is onderhewig aan beskikbaarheid en is nie oordraagbaar, herverkoopbaar of terugbetaalbaar vir kontant nie. Vir nog bepalings en voorwaardes, besoek www.rooirose.co.za
Om in te skryf, volg @rooirose op Instagram en voltooi die onderstaande vorm:
Sluitingsdatum: 7 November 2023