Met hierdie behandeling sal jou vel weer plomp, gesond en vars lyk. Hierdie behandeling vertraag die verouderingsproses doeltreffend.
Mikronaald-terapie, of microneedling, is ’n nie-indringende prosedure wat velvernuwing en -verjonging aanhelp. Die behandeling behels onder meer die gebruik van ’n mikronaaldtoestel wat beheerde “velbeserinkies” veroorsaak.
By The Laser Beautique word die mikronaaldbehandelings met ’n gevorderde Pen-toestel of -rollertjie tesame met TDS-serums gedoen. Die professionele behandeling word deur gevorderde velsorgspesialiste gedoen om onmiddellike en opvallende velverjonging en –vernuwing teweeg te bring met ’n langdurende effek.
Waarom mikronaald-terapie?
Mikronaald-terapie is ’n feitlik pynvrye proses wat ontwikkel is vir ’n verskeidenheid veltoestande, insluitende ’n sonbeskadigde vel, lyntjies en plooie, oneweredige tekstuur en oppervlakkige akneeletsels. Mikronaald-terapie stimuleer ook kollageenvorming, wat die volheid en plompheid van die vel verbeter en dit behandel ook vergrote porieë.
Mikronaald-behandelings is beskikbaar by alle takke van The Laser Beautique.
Jy kan The Laser Beautique-takke hier kry:
- Morningside
- Rosebank
- Melrose Arch
- Northcliff
- Fairmount
- Menlyn Maine
- Bedfordview
- Irene
- Bryanston
- Woodlands
- Comaro View-winkelsentrum
- Kaapstad Seepunt
Besoek hulle op facebook, twitter en Instagram
The Laser Beautique bied ook franchise-geleenthede.
Die kompetisie sluit: 15 Julie 2018
[gravityform id=”374″ title=”true” description=”true”]