Willow Tree Designs is gebore uit ’n liefde vir kleur, patroon, tekstuur en mode. Hulle skep ’n verskeidenheid bykomstighede wat jou deur die lewe se avonture kan vergesel. Die ontwerpe is modieus, maar funksioneel en vervaardig van egte leer wat vir jare mooi sal lyk.
Dié reeks handgemaakte handsakke is ontwerp vir dinamiese individue wat op soek is na unieke styl.
Willow Tree is trots daarop dat die ontwerp, materiaal en meesterlike vakmanskap alles uit Suid-Afrika kom en sodoende die plaaslike industrie laat groei.
Die eenvoudige skouersak is perfek vir daaglikse gebruik. Dit is kompak en prakties, het ’n voering, asook verskeie toerits-sakkies om al jou noodsaaklikhede veilig te hou.
Vir meer inligting oor Willow Tree Designs, besoek hul webwerf. Of volg hul op facebook en Instagram.
Kompetisie sluit op 30 November 2018.
Voorwaardes & bepalings geld.
[gravityform id=”420″ title=”true” description=”true”]