Vang die lentegees vas met Tangled Tree-wyne
Die heerlike, eko-vriendelike Tangled Tree wynreeks se innoverende verpakking produseer 75% minder koolstofgasse tydens vervaardiging as gewone glasbottels en bevat geen karsinogene nie. So dis beter vir die omgewing en vir jou! Die wynreeks bestaan uit ’n spesery-agtige Shiraz, sjokolade Cabernet Sauvignon, botterkaramel Chardonnay, tropiese Sauvignon blanc en Muskaat Rosé.
Geniet die heerlike rosé met Izelle Hoffman, leefstylsjef, se roosblaarsorbet (resep onder) om die lente se koms behoorlik te vier.
Bestanddele
500g aarbeie
Sap van 1 lemmetjie
4 teelepels heuning
2 teelepels rooswater
2 teelepels karamelgeursel
1/2 teelepel sout
400ml eierwit
Verpulp die aarbeie en hou eenkant. Klop die eierwitte styf en voeg die rooswater, karamelgeursel, sout, heuning en lemmetjiesap geleidelik by. Voeg laaste die aarbeipulp by. Gooi dit in ’n mooi glasbak en sit in die vrieskas vir drie ure. Garneer met mentblaartjies en aarbeiskyfies.
Vind meer uit oor die Retief-familie en hulle toewyding aan volhoubare wynmaak op hul webwerf. Vind hul ook op sosiale media by @tangledtreewines (Facebook & Instagram) en @TangledTree (Twitter).
Kompetisie sluit 5 Oktober 2018.
Bepalings en voorwaardes geld.
[gravityform id=”410″ title=”true” description=”true”]