SOMER SMAAK SOOS VAN LOVEREN
Van Loveren familie-wyne bied ’n verskeidenheid elegante witwyne, perfek vir die somer.
Ontspan met ‘n geurige glas Daydream Chardonnay Pinot Noir met ’n sagte en vars vrugtige afronding, Van Loveren se aromatiese, volronde Sauvignon blanc met die vrugtige Niel’s Pick Colombar. Dit is vernoem na Neil Retief, wingerdboukundige en een van die vier nefies van Van Loveren. Hierdie elegante wyne is die ideale afronding vir enige onthaal en komplementeer romerige pastas, seekosse en ander witvleisdisse.
Die Van Loveren-proelokaal en -wynplaas, in die hart van die Robertsonvallei, is ‘n gunstelling onder gesinne. Bring gerus die kinders saam op jou volgende besoek om wyn-en-kos-kombinasies te toets (waar kinders druiwesap kan toets), keldertoere, middagete by Christina’s Bistro, ‘n tuintoer, stap-en fietsryroetes en soveel meer te ervaar.
Vir meer inligting oor Van Loveren, besoek hul webwerf, volg @VanLoverenWines op Twitter en gaan vind hulle op Facebook en Instagram.
Kompetisie sluit op 9 November 2018.
Terme & voorwaardes geld.
[gravityform id=”416″ title=”true” description=”true”]