WEN met Truman & Orange – Inligting en foto’s verskaf
Al wat jy vandeesmaand nodig het, is liefde en vonkelwyn!
Daar is beslis geen beter manier om romanse te skep as met ’n heerlike, koue glas vonkelwyn nie – en daarom is Grace-vonkelwyn almal se eerste keuse vir ’n Valentynsmaand gevul met liefde.
Grace du Roi-vonkelwyn
Die druiwe wat gebruik word in Grace du Roi-vonkelwyn word snags geoes om hul varsheid te behou, en spesiaal gekies vir hul uitstekende balans tussen soet en suur. Die vonkelwyn het ’n verfrissende groenappel-en-peer-karakter, terwyl die Rosé-variant ’n titseltjie frambose en room bied.
Grace du Roi-vonkelwyne word natuurlik, koud gefermenteer en die skoon, delikate karakter van dié vonkelwyne is liggies vrugtig danksy die chenin blanc-basis en die gebruik van die eerste pers se druiwe.
Die subtiele geure van Grace du Roi-vonkelwyn komplementeer soutkanapees soos prosciutto, gevulde sampioene en focaccia. Dié vonkelwyne is baie veelsydig en pas ook by swaarder geregte soos mossels in ’n romerige sous, maar kan ook perfek gekombineer word saam met seekos (soos soesji) en heerlike hoendergeregte.
Grace du Roi-vonkelwyn is beskikibaar teen R74,99 per bottel by uitgesoekte take van Spar Tops, Liquor City en Norman Goodfellows-drankwinkels landswyd.
Truman & Orange
Truman & Orange se ewiggroeiende reeks handelsmerke sluit die Extraordinary and Fabulous Gin Collection in – dié wêreldklas versameling bestaan uit Ryan Reynolds se Aviation Gin, die super-premium Brooklyn Gin, Hayman’s Gin, Drumshanbo Gunpowder Ierse Gin, Seagram’s Gin, Copperhead en onlangs ook die Bloedlemoen Gin (wat plaaslik vervaardig word).
Seedlip, Ben Branson se nie-alkoholiese gedistilleerde drankie, vorm ook deel van Truman & Orange se omvattende portefeulje.
Verder sluit dié portfeulje ook vele handelsmerke topgehalte vodka, tequila, rum en whiskey in. Besoek gerus hulle webwerf vir meer inligting.
Lou Harvey
Die geliefde plaaslike ontwerper, Lou Harvey, het pas haar langverwagte somerversameling onthul … en dis absoluut fantasties!
Dis beslis helder, opwindend en mooi, maar dié keer is Lou se kenmerkende paisley- en blom-afdrukke verweef met helder kleure soos turkoois, fuschia, houtskool en lemmetjiegroen.
Lou put inspirasie uit ’n verskeidenheid bronne: elemente van die natuur, argitektuur, eksotiese bestemmings soos Marokko, en natuurlik ons pragtige plaaslike landskap.
Besoek gerus haar webwerf vir meer inligting.
WEN met Truman & Orange
Een gelukkige rooi rose-leser kan 2 kiste Grace-vonkelwyn, 3 bottels Mionetto Italiaanse Prosecco-vonkelwyn en ’n Lou Harvey-wynkoeler, alles ter waarde van R2 000, wen!
Voorwaardes en bepalings geld.
Sluitingsdatum: 29 Februarie 2020
[gravityform id=”516″ title=”true” description=”true”]