WEN met The Hussar Grill! – Inligting en foto’s verskaf
Die kalendermaand van Februarie, in die luisterrykejaar van 2020, blyk spesiaal gemaak te wees vir twee. En daarom is The Hussar Grill die perfekte keuse vir ’n romantiese aand vir twee.
Danksy die nuwe dekade het dié spesiale maand – alombekend as die maand van liefde – heelwat bykomende unieke datums wat dit ekstra spesiaal maak.
Die tweede dag van die maand word in kalenderterme numeries uitgedruk as 02/02/2020. Dis ’n palindroom, wat beteken dat dit dieselfde lees van links na regs of regs na links, en dít gebeur nie elke eeu nie!
Boonop val Valentynsdag vanjaar op ’n Vrydag – so maak vroegtydig jou besprekings.
Noem sommer die opeenvolgende naweek “Two’sday”, want Saterdag die 22ste (22/02/2020) bied weereens die perfekte geleentheid vir ’n lekker, spontane date night.
En laastens is 2020 ’n skrikkeljaar – ’n verskynself wat slegs een keer elke vier jaar voorkom – en val Februarie 2020 se laaste dag van die maand óók op ’n Saterdag.
Of jy nou ’n romantiese aand beplan vir die 14de, 22ste óf 29ste, is jy verseker van goeie diens, ’n romantiese atmosfeer en uitstekende biefstukke by The Hussar Grill.
Neem jy dalk die groot besluit om vandeesmaand “die groot vraag” te vra, is jy meer as welkom om jou eie wyn of vonkelwyn saam te neem, want The Hussar Grill vra nie enige kurkfooie nie!
Volg gerus The Hussar Grill op Facebook, Twitter en Instagram of besoek hulle webwerf vir meer inligting.
WEN met Hussar Grill!
Drie gelukkige rooi rose-lesers kan elkeen ‘n Hussar Grill-eetbewys ter waarde van R1 000 wen!
Bepalings en voorwaardes geld.
Sluitingsdatum: 29 Februarie 2020
[gravityform id=”514″ title=”true” description=”true”]