Foto: Verskaf
Sought After Seedlings is die trotse invoerder van die ongelooflike Franchi Sementi –saadreeks wat die verskeidenheid groente-sade in Suid-Afrika geweldig uitgebrei het. Daarmee saam is daar begeerlike tuinprodukte soos die Magic-saadontkiemer en Eco-gieter nou hier beskikbaar.
Lees ook: Begin jou eie organiese groentetuin
Hulle het die mark uitgebrei en mens kry nie net meer net die basiese groenbone, pampoen en koolsaad te koop nie. Linda Galvad het die grense verskuif en die verleidelikste groentesade begin invoer. Beet met strepe, elf verskillende soorte tamatie, pers blomkool en ’n verskeidenheid kruie, slaai en groente-opsies. Die kwaliteit van die saad is hoog, met ’n goeie ontkiemingsreputasie. Hulle het ook die kosbare eienskap dat dit erfenissaad is.
Die groentetuin op die dak van die Saxon Boutique Hotel en Spa is kenmerkend van Linda se werk. Die reeks op DSTV, Gardening 101, waarin sy verskyn, word dikwels verfilm in hierdie ikoniese tuin wat deur haar gevestig is. Uit haar reeks kan kykers leer hoe om ’n organiese groentetuin te vestig en te onderhou.
Linda bied ook kursusse aan. Enigeen kan hierdie kursusse bywoon. Dit sal aan jou die nodige vaardighede gee om dadelik jou eie organiese kos te begin aanplant.
Bestel saad, bespreek ’n kursus, of ontvang ons nuusbrief deur die webwerf te besoek, of jy kan Linda skakel by 082 365 0050.
WEN
Een gelukkige leser kan eksklusiewe saad en tuinprodukte ter waarde van R3500 wen.
Dit sluit in:
- 4 Pakkies Franchi Sementi-saad
- Eco Smart-gieter
- ’n Magic-saadontkiemer
- Gieterkop vir ’n bottel (twee eenhede)
- Saad-stokkies
- ’n Hennep-ontkiemsak
- ’n Ekslusiewe groenteseep
- ’n Franchi Sementi –T-hemp
- ’n Geskenkbewys om die kursus vir die groei van organiese groente deur Linda Galvad by te woon;
- ’n Geskenkmandjie
Kompetisie sluit 17 Augustus 2018.
Bepalings en voorwaardes geld.
[gravityform id=”398″ title=”true” description=”true”]