Die druk waaronder die modern ma moet lewe is konstant: Hierdie spanning kan sy tol op jou gesondheid eis, veral op jou breinfunksie. As jy maar net 1% gedehidreer is, verminder jou breinfunksie tot 5%. Die antwoord: drink meer water!
Dis makliker gesê as gedaan en baie mamma’s-op-die-pad het soms nie ’n ander keuse as om gaskoeldranke te gryp nie omdat dit makliker is. Een van die maniere hoe jy dit kan stop is met ’n karboneringstoestel soos SodaStream. Hierdie toestelle kom in verskeie modelle en daar is ’n verskeidenheid suiker- en aspartaamvrye geure. Jy kan selfs jou eie vrugte-infusie-vonkelwater maak. Die beste deel is dat jy die SodaStream-bottel saam jou kan neem waarookal jy heen gaan.
Drie goeie redes om meer water te drink:
- Die menslike brein is een van die belangrikste organe in jou liggaam en om volkome te funksioneer moet dit gehidreer bly, veral met gedagte- en geheueprossesering.
- ’n Gehidreerde brein help om voedingstowwe na die brein te vervoer terwyl dit ook gifstowwe verwyder. Water is ook belangrik vir die brein om hormone en neuro-oordraers te vervaardig.
- Suiker veroorsaak ’n konstante siklus lae bloedsuiker. Wanneer dit gebeur sukkel mens om te fokus.
Vir meer inligting, besoek www.sodastream.co.za
Kompetisie:
Die algehele waarde van hierdie prys is R2300 en dit sluit in
- ’n NetFlorist geskenkpak
- 2 x Zero SodaStream-geure
- Wit SodaStream Spirit ter waarde van R1200
Sluitingsdatum: 15 Mei 2018
[gravityform id=”372″ title=”true” description=”true”]