Wen met RVB SKINLAB: Maart 2019
Die nuwe Icon trilogie teenverouderingserum
’n Intensiewe teenverouderingsbehandeling bestaande uit drie hoogs gekonsentreerde teenveroudering- serumolies is nou beskikbaar. Dit bevat kragtige middele wat die produksie van kollageen en elastien bevorder en die vorming van lyne en plooie teenwerk. Dit maak die vel glad en soepel met ‘n jeugdige gloed.
Dit word verpak in drie botteltjies met druppers wat die aktiewe bestanddele beskerm en net vrystel as dit gebruik word.
Die aktiewe bestanddele bevat 13 natuurlike olies om die vel te hidreer: Argan-, Abissiniese-, Pataua-, Jojoba-, Meadow skuimsaad-, Aalbessie-, Passieflora-, Acai-, Chia-, Babassu-, Sonneblom- en rysolie en shea botter. Dit beskerm en streel, bevat anti-oksidante en teenverouderingsbestanddele en vernuwe en voed die vel.
Die Icon Time Renewal Cream
’n Ryk, voedende teenverouderingsbehandeling met ’n diep herstellende werking wat van AGE DELAY Complex en PLATINUM SKIN-Matrix gebruik maak, ’n kosbare peptied-kompleks met kolloїde platinum. Dit stimuleer die produksie van velvernuwende proteїne wat die onontbeerlike funksies van jeugdige gelaat heraktiveer vir ’n opgeplompte, fermer vel. Dit is boonop verryk met isoflavone van rooi papawer om te help met pre-menopousale velprobleme soos droogheid, verlies aan fermheid en die voorkoms van hiper-pigmentasiemerke. Ideaal vir droë, gedehidreerde vel en in koue weer.
Kontak 021 701 2900 vir verdere inligting.
Kompetisie sluit 31 Maart 2019
[gravityform id=”441″ title=”true” description=”true”]