Vir die afgelope 80 jaar is Robertson Winery die vervaardigers van bekroonde wyne en het hulle naam in die wynbedryf gemaak as ’n handelsmerk wat aanhou vernuwe. Ter viering van hul 80ste verjaardag in 2022, het die handelsmerk hul twee gewildste wynreekse in lewendige en kleurryke verpakking herbekendgestel. Een hiervan is hul Natuurlike Soet-reeks. Die verpakking, wat met pragtige rose versier is, weerspieël die prentjiemooi landskap van die Robertson-wynvallei. Die reeks bied ’n verskeidenheid soet wyne en elkeen het ’n unieke smaakprofiel, wat dit perfek vir Moedersdag maak.
Gert-Johan Coetzee is die befaamde mode-ontwerper bekend vir sy innoverende ontwerpe en stylvolle skeppings. Hy het saam met Robertson Winery gewerk om hierdie eksklusiewe, beperkte uitgawe-sak spesiaal te ontwerp om die Natuurlike Soet-reeks te komplementeer. Die sak is van materiaal van ’n hoë gehalte gemaak en die pragtige ontwerp is stylvol en prakties.
WEN ‘n geskenkpak van Robertson Winery en Gert-Johan Coetzee!
Hierdie Moedersdag het Robertson Winery en Gert-Johan Coetzee saamgespan om vir jou die geleentheid te bied om hierdie wonderlike prys vir jou ma te wen. Die prys se waarde is oor die R1 000. Dit sluit die beperkte uitgawe van die sak wat deur Gert-Johan Coetzee ontwerp is, in asook ’n kissie met Robertson Winery se Natuurlike Soet-reeks. Dit is die perfekte geskenk om vir ’n ma wat ’n liefde vir wyn het, te gee.
Bepalings en voorwaardes: Alle pryse in rooi rose is onderhewig aan beskikbaarheid en is nie oordraagbaar, herverkoopbaar of terugbetaalbaar vir kontant nie. Vir nog bepalings en voorwaardes, besoek www.rooirose.co.za
Om in te skryf, volg @rooirose op Instagram en Facebook en voltooi die onderstaande vorm:
Sluitingsdatum: 31 Mei 2023