Revive Wellness Spa
Die tuiste van gesofistikeerde manikuur- en pedikuursalonne tot rustige poele. Rasul-kamers, stoomkamers, binnenshuise verhitte swembaddens en ’n eksklusiewe ontspanningsitkamer waar kliënte in gemaklike leunstoele kan slaap ná behandelings kenmerk hierdie oase.
Revive Wellness Spa spog met ’n groot verskeidenheid behandelings en pakkette, wat die volgende insluit:
- Troues, babatees, partytjies en geselligheidspakkette.
- Matriekafskeidspakkette (insluitend professionele grimering).
- Eksklusiewe gesigbehandelings met Himalaja-soutkristalle.
- Haarverwydering met was en laser, wenkbrou- en wimpertint asook velvernuwings-behandelings.
- Sonbed- en fopverbruiningsessies.
- Permanente grimering.
- ’n Splinternuwe haarsalon met ’n verskeidenheid behandelings.
- ’n Wye keuse van estetiese / mediese opsies met die jongste tegnologie vir gewigsverlies, verferming asook teenverouderingsprosedures.
Revive-spa het ook ’n spesiale aanbieding gedurende Juliemaand. Hierdie aanbod sluit ’n sojakersmassering, tyd in die ontspanningskamer met kruietee, asook ’n haarstilering in. Hierdie behandeling kos normaalweg R1 500 maar sal gedurende Julie R1 000 kos.
Vir meer inligting, besoek hul webblad of bel 011 887 2123.
Wen!
Een gelukkige leser kan ’n spa-behandeling van Revive Spa ter waarde van R5 330 wen. Hierdie behandeling sluit in:
- ’n Jel-manikuur en -pedikuur ter waarde van R450
- ’n Geskenkpak met lyfsorgprodukte wat Revive badsoute, lyfskrop, lyfbotter, 3 badbruisballe en 3 mini badbruisballe ter waarde van R1 100 insluit
- ’n Morgan Taylor-naelbolaag ter waarde van R480
- Naelvelolie ter waarde van R180
- Vleeskleur naellak ter waarde van R220
- 2 x joga-sessies pasgemaak vir jou behoeftes ter waarde van R1 000
- ’n Flotasie-behandeling, sojakersmassering, toegang tot die ontspanningskamer met kruietee, en ’n haarstilering ter waarde van R1 500.
Kompetisie sluit 27 Julie 2018
[gravityform id=”387″ title=”true” description=”true”]