Wen met Perlé de Jean! – Inligting en foto’s verskaf
Van Loveren se Perlé de Jean vier die Retief-gesin se liefde vir tuinmaak, en is vernoem na wyle Jean Retief wat met haar groen vingers die Van Loveren-tuin met honderde bome versier het.
Dié pragtige, droë rooskleurige wyn met sy fyn borreltjies is die perfekte pasmaat vir enige garnaaldis.
Beïndruk gerus jou vriende by jou volgende kuier met heerlike garnaal-sosaties en bedien dit saam met ’n bloubessie-en-koljanderslaai en ’n koue bottel Perlé de Jean-wyn.
Loer gerus hier vir ’n heerlike resep vir garnaal-sosaties asook ’n indrukwekkende bloubessie-en-koljanderslaai.
Kom geniet egte, plattelandse gasvryheid by die Van Loveren-familiewingerde in die hartjie van die Robertson-vallei.
Vir meer inligting, besoek www.vanloveren.co.za.
Wen met Perlé de Jean!
Een gelukkige rooi rose-leser staan ’n kans om 2 kiste Perlé de Jean-wyn en ’n pragtige ontwerpersvoorskoot, alles ter waarde van R3 000, te wen!
Bepalings en voorwaardes geld.
Sluitingsdatum: 29 Februarie 2020
[gravityform id=”511″ title=”true” description=”true”]