WEN met Pandora dié “Galentine’s Day” – Inligting en foto’s verskaf
“Galentines Day” is dalk nie ’n amptelike vakansiedag nie, maar het homself stewig gevestig as ’n jaarlikse tradisie (op 13 Februarie) wat jou en jou liefde vir jou beste vriendinne (“gals”) vier!
Pandora se nuwe Valentynsdag 2020-versameling bied ’n omvattende kykie op die liefde, en wys dat die liefde ’n groot hart het, al is dit nie volmaak nie.
“Harte is ’n wesenlike deel van Pandora se DNA, en ’n visuele element wat ons graag gebruik,” vertel Pandora se twee vise-president kreatiewe bestuurders, Francesco Terzo en A. Filippo Ficarelli.
Deur ’n ander benadering te neem van hoe mense die hart visualiseer, is Pandora se nuwe vryhand-hartontwerpe “perfectly imperfect”.
Dié reeks is ideaal vir platoniese- en selfliefde. Dis ’n simbool van ’n belofte en ’n toewyding tot elke soort liefde – spesiaal geïnspireer deur halssnoere vir beste vriendinne wat in twee kan deel om een hart te vorm.
Vryhand-getekende, asimmetriese harte op hangertjies, oorbelle, ringe en geluksarmbande verteenwoordig ’n onvolmaakte liefde wat eg is.
Pandora Reflexions se nuwe aanklik (clip on) geluksarmbande lê die sentiment agter “Galentine’s Day” vas en fokus op die belangrikheid van nie-romantiese verhoudings.
Dis gegiet in sterling silwer of Pandora Rose, Pandora se unieke 14k roos-vergulde metaalmengsel, en die omkeerbare, hartvormige ontwerpe simboliseer liefde op elke dag van die jaar.
Vier dié “Galentine’s Day” met ’n geluksarmbandjie wat wys dat jy haar (jou beste vriendin, ma of dogter) ken. Enkellopend? Daar is geen beter manier as om jouself te bederf met iets waarvan jy hou nie – en wie hou nié van Pandora nie?
WEN met Pandora dié “Galentine’s Day”
Een gelukkige rooi rose-leser kan ’n Pandora-bederf ter waarde van R3 000 wen!
Bepalings en voorwaardes geld.
LET WEL: Foto’s is slegs ter illustrasie! Die wenner gaan nie noodwendig een van die produkte op die foto’s ontvang nie.
Sluitingsdatum: 12 Maart 2020
[gravityform id=”518″ title=”true” description=”true”]