Wen met NUXE foto’s en inligting verskaf
Franse uitnemendheid
In hul 25-jarige bestaan het NUXE hulself bewys as baanbreker kosmetiese Franse handelsmerk. Dié breinkind van Aliza Jabès het homself bewys as waterskeiding in die veld van farma-kosmetologie, ’n veld wat hoofsaaklik deur haar geskep is.
NUXE het daarin geslaag om plesier te meng met die versekering van ’n farmaseutiese netwerk met uitmuntende produkte wat sensories aanloklik is en gesteun word met die wetenskaplike effektiwiteit van die natuur. (Dit bevat 45 Franse patente.)
NUXE het ’n reeks universele produkte geskep wat ikoniese status bereik het insluitend hul Huile Prodigieuse®, Crème Fraiche® de Beauté, Rêve De Miel®-lipbalsem en Nuxellence®.
Die sensoriese effektiwiteit van hierdie produkte kan by meer as 45 NUXE-spa’s beproef word. Met hul instink vir skoonheid streef NUXE daarna om hul visie vir instinktiewe en unieke skoonheid te gebruik om elke vrou weer in voeling met die natuur te bring.
NUXE plaas klem op navorsing en uitnemendheid. Hulle glo daarin om die sintuie in te span terwyl die volle krag van die natuur en die wetenskap gekombineer word. Hulle gebruik ’n subtiele mengsel van produkte wat ’n plesier is om te gebruik.
’n Sensoriese plesier uit die geskenke van die natuur
NUXE delf diep in die hart van die natuur om plant-ekstrakte te vind wat selde in velreekse gebruik word. Kosbare molekules word in innoverende formules gebruik.Alle NUXE -produkte word in hul fabriek in Frankryk vervaardig. Die maatskappy is ’n integrale deel van die vallei waarin van die grootste name in die Franse kosmetologie gehuisves word.
Alle vroue is ongelooflik
Dit is hoekom Nuxe- laboratorium een van die leidende segmente in farmakologie geword het. No#1* vir teenverouderingsvelsorg, No#1** vir lyf- en velsorg, No#1*** Franse olie met sy beroemde droë olie, Huile Prodigieuse®. NUXE- droë olie bevorder die gesondheid van die lyf, gesig en hare merkbaar.
NUXE se velreeks sorg vir ’n ongelooflike skoonheidsroetine en jy kan die hidrerende gesigroom, teenverouderingsroom kies wat by jou velsoort en ouderdom pas. Al hul gesigrome en teenverouderingsrome word gemaak van unieke, aktiewe bestanddele van plantekstrakte. Elke NUXE-room is danksy die ryk teksture en betowerende aromas ’n plesier om te gebruik.
NUXE onttrek die krag van die natuur om elke vrou se unieke skoonheid uit te bring. Hulle is toegewyd aan die etiese politiek wat die skoonheid van die natuur en die van vroue beskerm. NUXE streef daarna om al hul kliënte mooi te laat voel en lyk en gebruik vaardige formules van die hoogste standaarde. Hulle gebruik nie preserveermiddels, minerale olies, bestanddele van diere-oorsprong en plastiek mikro-kraletjies nie. Al hul hoë kwaliteit produkte word in Frankryk vervaardig. Dit word nie op diere getoets nie en voldoen aan alle voorskriftelike standaarde.
Skryf in en jy kan WEN!
Die geskenkpak sluit die volgende in
Merveillance-dagroom 50 ml
Merveillance-serum 30 ml
Merveillance-nagroom 50 ml
Merveillance oog -konsentraat 15 ml
Huile Prodigieuse-veeldoelige olie 100 ml
Reve de Miel-gesig- en lyf reinigingsjel 400 ml
Prodigieux le Parfum 50 ml
Nuxe- son SPF 30 vir gesig- en lyf 150 ml
Vir meer inligting, besoek hul webwerf.
Kompetisie sluit op 30 April 2019.
[gravityform id=”446″ title=”true” description=”true”]