Wen met Leopard’s Leap Chenin Blanc. Foto’s verskaf.
’n Boekklub is ’n wonderlike ding. Dit dwing jou eintlik om af te skakel, te lees en tyd met jou vriende te spandeer! Alles eintlik basiese menseregte in ons opinie…
Om daarmee saam ’n goeie glas wyn te skink, is natuurlik nie te versmaai nie. Ook nie om te swig vir die versoeking van ’n heerlike sny koek nie!
Ter viering van Chenin Blanc se gawe om in te pas by enige geleentheid en die feit dat die 2018 Leopard’s Leap Chenin Blanc deur die Michelangelo Wine & Spirits Awards aangewys is as die beste Chenin Blanc in die land, wil ons jou beloon met ’n heerlike kombinasie van boek, koek, wyn en samesyn!
Gesels saam en volg Leopard’s Leap op Facebook, Instagram en twitter.
Kompetisie sluit: 5 Januarie 2019
Die prys sluit in:
- Quarnita Loxton se pas-vrygestelde novelle, Being Lily. 10 x R265
- Klapperkoek ter waarde van R556.
- Een karton (6 bottels) Leopard’s Leap Chenin Blanc ter waarde van R294.
- Totale waarde: R3 500
Die prys kan deur een persoon gewen word, maar is genoeg vir’‘n groep van 10 vriende / boekklublede. Ons lewer enige plek in Suid-Afrika af.
[gravityform id=”432″ title=”true” description=”true”]