Pynvrye, permanente laser haarverwydering
Is jy moeg om elke dag jou been- en onderarmhare te skeer? Sien jy nie kans vir ‘n pynlike bikini-waks voor jy met vakansie gaan nie? Miskien het jy onooglike gesighare?
Nie een van ons is lus om met ongewenste hare te sukkel nie. Haarverwydering is dikwels onaangenaam, pynlik en tydrowend. Maar hier kom die New Revolutionary Pain-Free Laser Hair Removal tot jou redding.
Dié laser-behandeling gebruik die revolusionêre laser-stelsel om hare pynloos te verwyder. Dit is die Rolls Royce van lasertegnologie en is die eerste van sy soort om Asiatiese-, swart- en olyfkleurvelle veilig te behandel.
Die lae bewegingsvloei van hitte maak die behandeling uniek vir beide laser-haarverwydering en dermale genesing. Dit verhit die haarfollikels geleidelik tot die vereiste skade-punt sonder om ongemak te veroorsaak of die behandelingsessies uit te rek. Dit is feitlik pynloos, en areas kan aggressiewer behandel word. Dit verg minder behandelings en minder kliniekbesoeke, wat uiteindelik tot groot besparings lei.
Wat maak hierdie laserbehandeling anders as ander behandelings?
Die 810-nm-diode laser word gebruik tesame met ‘n nuwe tegniek genaamd IN-Motion™. In teenstelling met die vorige stelsels word die energie van die laser deur middel van ‘n lae vloei van energiepolse gevoer teen ‘n vinnige 10 pols per sekonde herhalingstempo. Die temperatuur van die haarfollikel, (wat die selle bevat wat verantwoordelik is vir haar-hergroei) word stadig verhoog en die follikel word vernietig. Hierdie styging in temperatuur veroorsaak ‘n warm gevoel in die vel wat vergelyk kan word met die hitte wat mens ervaar met ’n warm- klipmassering. Dit verander die andersins ongemaklike proses van haarverwydering in ‘n baie aangenamer een.
Die proses is pynloos, maar uiters effektief. Dit het minder risiko’s en newe-effekte as vorige stelsels.
Die stelsel sorg vir ’n egalige behandeling wat voorkom dat sekere areas oorgeslaan word. Dit is nie nodig om tyd vir herstel in ag te neem nie en jy kan direk na die behandeling teruggaan kantoor toe.
Konvensionele lasers gebruik ‘n hoë lading krag wat vir die kliënt voel asof jy met ’n rekkie teen die vel geskiet word. Dit is nie aangenaam nie. In teenstelling kan die Laser Beautique se Soprano’s In Motion™ tegnologie vergelyk word met ‘n warm bad waarvan die hitte stadig verhoog word. Jy klim nie dadelik in ’n kokende bad water in nie.
As jy die temperatuur geleidelik verhoog, kan jy hoër temperature verduur sonder ongemak.
Behandelingsvoordele sluit in:
• MAKSIMUM gemak MINIMUM ongemak
• IN-Motion™ -tegnologie is byna pynloos sonder die gebruik van verdowingsjel
• Die goue standaard 810 nm laser diode bied beter, voorspelbare, betroubare resultate
• Permanente haarvermindering van alle gepigmenteerde hare op alle velsoorte, insluitend bruin velle deur al die seisoene
• Geskik vir vroue sowel as mans
• Korter en minder behandelings benodig
• Minder behandelings beteken minder koste vir jou
Vir meer inligting besoek hul webwerf of bel 0861 850 851 of epos [email protected].
Kompetisie sluit op 30 Okt 2018.
Bepalings en voorwaardes geld.
[gravityform id=”406″ title=”true” description=”true”]