kategorieë: Ontspanning

WEN met Ladybug and Cat Noir – Nou in plaaslike rolprentteaters!

Kaartjies vir MIRACULOUS LADYBUG & CAT NOIR: THE MOVIE kan nou vooraf- by Ster Kinekor en Nu-Metro bespreek word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Uitgesoekte gaste en mediavennote het die afgelope Sondag die eerste kans gehad om hierdie prent op plaaslike bodem te sien tydens eksklusiewe voorskoue by The Grove Mall in Gauteng en Tyger Vallei in die Kaap. Bekendes, waaronder Kurt Darren, Dunay Nortjé, Rozanne McKenzie, Werner en Marijke Coetser, Pieter Koen, Karlien van Jaarsveld, Sue Duminy, Emo Adams, Magriet Groenewald, Johan Beukes en meer, het die geleenthede bygewoon en het dit baie geniet.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die fliek, wat gebaseer is op ’n geanimeerde Franse kinderprogram, vertel die storie van Marinette Dupain-Cheng en Adrien Agreste (die seun van ’n bekende ontwerper) wat voorkom asof hulle doodnormale tieners, met doodnormale lewens, is – hulle gaan skool toe en hanteer die gewone tienerdrama wat met vriende, familie en grootword gepaard gaan, maar wanneer ’n skurk hul geliefde stad, The City of Lights, bedreig, verander dié duo onderskeidelik in Ladybug en Cat Noir. Dit is dan hulle taak om hul spesiale superkragte in te span en saam te werk om Parys te red, terwyl die slegte Hawk Moth gewone mense in nare skurke verander.

MIRACULOUS LADYBUG & CAT NOIR: THE MOVIE, wat beskryf kan word as ’n CG-geanimeerde musikale superheld-fliek en waarvan Jeremy Zag die regie behartig en saam met Bettina Lopez Mendoza aan die draaiboek geskryf het, fokus op vriendskap, spanwerk en superkragte terwyl Ladybug en Cat Noir saamwerk om die wêreld ’n veiliger plek te maak. Dit bied al die gesinsvriendelike pret waarvoor dié gewilde handelsnaam bekend is, maar op ’n veel groter skaal.

Net soos die reeks, ondersoek die fliek ook die slim storielyn van hulle geheime identiteite en die impak daarvan op hulle verhouding. Die storielyn van die rolprent sal vir aanhangers van die oorspronklike Miraculous-televisiereeks bekend voel, aangesien dit ooreenstem met elemente van die oorspronklike verhaal wat alreeds gedeel is. Dit maak van die fliek ook die perfekte aanknopingspunt vir diegene wat nog nie die reeks gekyk het nie.

Kyk die lokprent hier:

BESPREEK EN WEN!

Twee gelukkige gesinne van vier wat vooraf aanlyn kaartjies bespreek, staan ’n kans om in 2024 deel te wees van Kurt Darren se Kids & Teen Cruise aan boord van die luukse MSC Splendida.

Die bootreis, wat die Durbanse hawe op 8 Januarie 2024 verlaat, beloof om ’n onvergeetlike ervaring vir beide ouers en kinders te wees. Van toorkunsvertonings, gesigverf, ballonkuns en kinder-karaoke, tot junior-Masterchef en ’n heerlike skattejag op die pragtige Pomene-eiland in Mosambiek – dit bied vermaak vir kinders van alle ouderdomme.

OM IN TE SKRYF:

Ster-Kinekor: Kompetisie begin op 28 Julie 2023

Bespreek jou kaartjies vir Miraculous Ladybug & Cat Noir en jy en jou gesin staan ’n kans om in 2024 deel te wees van Kurt Darren se Kids Cruise aan boord van die luukse MSC Splendida.

Besoek www.sterkinekor.com vir die bepalings en voorwaardes.

Nu-Metro:

Om in te skryf, koop jou kaartjies vir Miraculous: Tales Of Ladybug & Cat Noir by Nu Metro, plaas ‘n foto van jouself voor die “standee” en “tag”:

  • Nu Metro
  • FilmFinity
  • Kids Cruise
  • En wie jy saam op die boot wi vat.

Bepalings & Voorwaardes

  • Volg @NuMetro en @FilmFinity op sosiale media
  • Moet op die bootreis kan gaan in Januarie 2023
  • Vervoer kostes vir jou eie rekening
  • Drankies is vir jou eie rekening
  • Beoordeelaars se besluit is finaal

Lees ook: SA-legendes te sien in die fliekweergawe van Hans steek die Rubicon oor

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

5 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

11 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

12 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

12 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

12 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

13 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.