Die KAMERS/Makers-span het ’n broodnodige blaaskans geneem na hul Jozi-mark by St David Marist Inanda, waar 16 000+ mense deur die deure gestroom het om die beste van Suid-Afrikaanse kreatiwiteit te ervaar. KAMERS/Makers is nou terug met drie splinternuwe liggings vir die tweede helfte van 2018.
Die KAMERS-somerseisoen begin einde September 2018 waar hulle terugkeer na Bloemfontein. Die Monte Bello-landgoed is ’n pragtige plek waar ontwerpers hul skatkis van plaaslike modes, juweliersware, huis- en dekoritems en leefstylprodukte kan uitstal.
Dan is dit tyd vir die wynlandse KAMERS somerskou, wat vanjaar by die fantastiese Blaauwklippen-wynlandgoed tussen Stellenbosch en Somerset-Wes aangebied word. Hulle verwag om rekords te breek met bykans 180 uitstallers. Hulle glo dit gaan hul grootste KAMERS/Makers nog wees!
Soos altyd sluit hulle die jaar af in Pretoria – hierdie keer by Cornwall Hill College in Irene. Hierdie pragtige skool bied lekker groot spasie, maklike toegang en veilige parkeerplek. KAMERS beplan om meer as 200 uitstallers by die Irene-mark te hê.
KAMERS/Makers bly ’n kontantlose omgewing, te danke aan hul goeie vennote, ABSA.
Die nuwe en verbeterde KAMERS-aanlyn markplek maak dit nou makliker om jou gunsteling produkte regdeur die jaar by hul aanlynwinkel te koop.
KAMERS/Makers 2018 Bloemfontein
Monte Bello-landgoed
26 – 30 September 2018, 09:00 – 17:00 daagliks
KAMERS/Makers 2018 Stellenbosch
Blaauwklippen-landgoed
30 Oktober – 4 November 2018, 09:00 – 17:00 daagliks
KAMERS/Makers 2018 Irene, Pretoria
Cornwall Hill College
4 – 9 Desember 2018, 09:00 – 17:00 daagliks
Kaartjies:
R60 by www.plankton.mobi en R90 by die hek. Kaartjies sluit in ’n beperkte voorraad KAMERS/Makers-inkopiesak en ’n tydskrif.
Multidag-toegang: R120
Groep- afslag: Koop drie, kry een gratis.
Studente en pensionarisse R60.
Onder 18 kry gratis toegang.
Vir meer inligting, besoek hulle webwerf. Vir aanlyn aankope, besoek hul aanlynwinkel. Volg hul op sosiale media: Facebook| Instagram | Twitter #KAMERS2018
Wees op die uitkyk later vanjaar op ons webwerf om ook kaartjies te wen na die Stellenbosch en Pretoria markte.
Voltooi die vorm onder om kaartjies te wen. Bepalings en voorwaardes geld.
Sluitingsdatum is 14 September 2018.
[gravityform id=”403″ title=”true” description=”true”]