Clover stel bekend Whistling Chef-etes – ’n eerste in sy soort!
Clover het sy mees onlangse innovering in die kitsete-afdeling bekend gestel, kompleet met FreshVacSeal™-verpakkingstegnologie (die eerste in Afrika) onder die Whistling Chef-handelsnaam. Die verpakkingstegnologie stel verbruikers in staat om in ‘n kits ’n vars ete met ’n verlengde raklewe te kan geniet.
Vyf gelukkige lesers kan ’n Clover-geskenkpak ter waarde van R750 wen, wat die volgende insluit:koelsak, voorskoot, koksmus en ’n USB-bekerverwarmer.
Die unieke FreshVacSeal™-tegnologie verseker dat elke ete vars bly. Die etes is vry van preserveermiddels en kleurstowwe, is ’n bron van kalsium en bevat proteïene van nege aminosure.
The Whistling Chef is nie net ’n slim handelsnaam nie – hierdie heerlike, voedsame etes fluit werklik in die mikrogolfoond om aan te dui wanneer hulle perfek verhit is! Verder is elke ete halaal en het tien gehaltetoetse ondergaan. Elke gereg is ook verpak in ’n innoverende skinkbord-vorm wat dit makliker maak om te eet, en ‘n priklose film (’n eerste op die mark) oor die kos.
Die Whistling Chef-reeks word gemaak met net die varsste en beste produkte en bevat egte Clover-kaas, -melk, -botter en -room om ’n gehalteproduk te lewer wat vry van preserveermiddels is.
Wen een van vyf Clover-geskenkpakke ter waarde van R750 wen, wat die volgende insluit:koelsak, voorskoot, koksmus en ’n USB-bekerverwarmer.
[gravityform id=”386″ title=”true” description=”true”]