WEN met Cadbury dié Paastyd! – Inligting en foto’s verskaf
Reel ’n onvergeetlike paaseiersoektog by jou eie huis!
Paasfees is die ideale tyd vir ’n heerlike kuier in die buitelug saam met jou gesin. Fluffy die Paashaas is gereed om jou te help om die allerheerlikste Cadbury geïnspireerde paaseiersoektog te reël – sommer net daar in jou eie tuin!
Steek paaseiers en bederfies weg
As jy ’n paaseiersoektog vir jonger kinders én tieners hou, verdeel die tuin in twee gedeeltes vir die verskillende ouderdomsgroepe. Maak dit makliker vir die kleiner kinders deur paaseiers op laer takke of in oop kolletjies te los. Vir ouer kinders kan jy dit gerus moeiliker maak – steek dit weg op minder ooglopende plekke, soos onder blare, binne-in die tuinslang en bo-op jou motor se bande.
Die 50/50 reël
Maak seker dat daar ’n goeie balans is tussen paaseiers en gesonder happies en ander bederfies. Sjokolade moenie meer as 50% van die “skatte” op jou paaseier-skattejag uitmaak nie. Sorg vir ’n bietjie verskeidenheid deur ook klein speelgoedjies, speletjies, legkaarte, neute, vrugte en groente weg te steek.
Onthou die mandjies of sakke!
Om bederfies weg te steek, is maklik – maar onthou ook maar dat kinders iets nodig het om dit in bymekaar te maak. Jy kan vir elkeen vooraf ’n mandjie gee en vra dat hulle dit mooi versier met linte, of moedig hulle aan om herbruikbare inkopiesakke te gebruik. Of laat hulle rugsakkies gebruik vir ’n meer avontuurlustige gevoel.
Kaart of leidrade?
Gee vir elke kind ’n kaart wat hulle na die wegsteekplekke lei, of dink oulike leidrade en raaisels uit om die soektog nog prettiger te maak. Maak dit makliker vir kleiner kinders deur vir hulle leidrade voor te lees, of deur prentjies as leidrade te gebruik. Of jy kan visuele leidrade (soos voetstappe wat jy met kryt teken op sement, of half-geëete wortels) skep om die soektog makliker te maak.
Geskrewe leidrade kan sorg vir ’n lekker persoonlike aanslag en groter avontuur vir ouer kinders. Jy kan dit selfs ’n stappie verder neem en met ’n UV pen skryf (wat beteken mens sal die leidrade net kan sien as jy ’n UV-flits gebruik.)
Vir meer inligting, volg die paaseierpret op Facebook, Instagram en Twitter.
WEN met Cadbury dié Paastyd!
Tien gelukkige rooi rose-lesers staan elkeen die kans om ‘n Cadbury-geskenkpak ter waarde van R500 te wen. PLUS, lekker wenke vir ‘n tuis easter egg hunt.
Bepalings en voorwaardes geld.
Sluitingsdatum: 19 April 2020
[gravityform id=”535″ title=”true” description=”true”]