Verbeel jouself dat jy en ’n groep vriendinne kan op ’n plesiervaart, ver weg van die daaglikse bestaan, julself vernuwe en die verlede agterlaat. Hemels, reg?
Tog is dit nie altyd so maklik nie. So vind plaaslike televisiester, Adele Swan, sommer vinnig uit wanneer sy ’n geleentheid aangryp om haar skuld te delg deur in te stem om die gesig van eiedomsmagmaat, George, se veldtog te word: ’n kompetisie op die luukse plesiervaart, MSC Sinfonia, om eksklusiewe eenhede van die Silwer Eike-aftreelandgoed te verkoop.
Nie net kry haar ego ’n knou wanneer sy agterkom dat sy aan die Survivor of Seniors-kompetisie aan boord van die skip sal moet deelneem nie, maar sy loop ’n ou skoolvriendin, Winnifred, raak wat die deure van haar langvergete verlede oopmaak. Herinneringe bring selfvertwyfeling, spyt en onderdrukking van sekere gevoelens vir Adele soos die druk op haar om die aftree-eenhede te verkoop, groter word en George toenemend onredelik raak.
Deur hul beste “selfie” in te stuur, wen twaalf gelukkige seniors ’n naweek op ’n plesiervaart saam met televisiepersoonlikheid, Adele, waar die vroue meeding in oorlewingstyl-speletjies en -vasvrae om die esklusiewe prys van ’n aftree-eenheid ter waarde van R7 miljoen, te wen.
Die komiese en hartroerende rolprent #LoveMySelfie handel oor veel meer as nét ’n langverwagte plesiervaartvakansie. Vier vroue wat ouer as 60 is, onderneem ’n reis na binne en ontdek dat dit nooit te laat is om jouself te ontwikkel en selfs te verander nie.
Die hoofkarakter Adele Swan word vertolk deur gesoute en veelsydige aktrise, IIIse Roos, bekend vir rolle in Egoli, Die Boekklub, Boland Moorde, Troukoors, Fynskrif en was onlangs in kykNET-sepie Suidooster te sien. Adele se langverlore vriendin Winnifred word deur veteraan aktrise, June van Merch, vertolk en die res van swaargewig rolverdeling sluit in Joanie Combrink, Robyn Scott, Chané Grobler, Hélène Truter, Chanelle de Jager, Moses Williams en Kevin Smith wat die slinkse George vertolk.
Kurt Darren, bekende Afrikaanse popsanger en mede-vervaardiger van #LoveMySelfie, is ook te sien in die fliek. Een van die karakters is ’n groot bewonderaar van hom en sy ikoniese liedjie, ‘Kaptein span die seile,’ is ook deel van die klankbaan wat nog vele ander bekende Afrikaanse liedjies bevat.
KYK: Amptelike voorskou – #LoveMySelfie
Kaartjies beskikbaar by HashtagLoveMySelfie Film
Ons gee dubbelkaartjies vir die premiere op 1 Desember by Blaauwklippen, sowel as dubbelkaartjies vir die vertoning op 7 Desember by Simonsvlei weg!
Staan ’n kans om dubbelkaartjies na een van hierdie geleenthede te WEN!
Bepalings en voorwaardes: Alle pryse in rooi rose is onderhewig aan beskikbaarheid en is nie oordraagbaar, herverkoopbaar of terugbetaalbaar vir kontant nie. Vir nog bepalings en voorwaardes, besoek www.rooirose.co.za
Om in te skryf, voltooi die onderstaande vorm:
Sluitingsdatum: 28 November 2023