WEN kaartjies na KAMERS/Makers in Stellenbosch of Pretoria. Inligting verskaf. Foto’s: Carey Slade.
KAMERS/Makers keer terug hierdie somer!
Die eerste helfte van 2019 se KAMERS/Makers-skoue was heerlik met duisende handgekose, handgemaakte Suid-Afrikaanse produkte wat by ons Kaapstad- en Johannesburg-skoue te siene was.
In Johannesburg het ons ook ons heel eerste lentefees gehou in die laaste week van Augustus waar ons teruggekeer het na die beeldskone St John’s College. Hierdie skou was so goed ontvang dat ons sommer ’n groot hupstoot gekry het – en dat ons omtrent 100 splinternuwe Makers in 2019 verwelkom het! Baie van dié Makers het rekordverkope gehad en ons wil dus vir julle bedank vir julle wonderlike ondersteuning van plaaslike ondernemings.
Totsiens, plastiek
Consol Glass is die ideale vennoot: hul nuwe pop-up-winkeltjie was ’n treffer by St John’s! Hierdie stalletjie sal van nou af by elke skou wees. Saam het ons uiteindelik ons doel bereik om geen plastiek in ons deli-afdeling te gebruik nie!
Verder het die gewilde Consol Curvy-waterbottels gehelp om te keer dat meer as 120 000 plastiekbottels op ons ashope beland! Besoekers aan die Stellenbosch-skou sal by die deure ’n beperkte uitgawe Grip & Go-waterbottel kry wat spesiaal ontwerp is vir borskankerbewustheidsmaand.
Twee vuurwarm somerskoue
Sedert 2003 is ons Boland-skou die hoogtepunt van dekor- ontwerp- en kunsvlytliefhebbers se jaar. En hierdie somer kan jy weer ’n heerlike mark verwag wanneer ons terugkeer na die beeldskone Blaauwklippen wynlandgoedere wat in 2018 een van ons besoekers se gunstelingplekke was. Met meer as 190 Makers gaan dit ons heel grootste Boland-skou ooit wees! Besoekers sal ook die geleentheid kry om sjefs Johnny Hamman en Marius Uys se nuwe Hamm & Uys-restaurant by Blaauwklippen op die proef te stel.
Dan sluit ons die jaar af met ons immergewilde Kersfeesmark by Cornwall Hill College in Irene, Pretoria. Hierdie skou sal ook bykans 190 Makers die geleentheid gee om hul produkte – van handgemaakte dekor-items tot mode en heerlike kos en drankies – uit te stal. Dié somerskou sal ook dosyne splinternuwe talentvolle Makers bekendstel! Soos altyd kan besoekers ’n trots Suid-Afrikaanse viering van plaaslike ontwerp verwag.
Moenie vergeet dat jy enige tyd, enige plek toegang tot KAMERS/Makers se heerlike produkte het nie! Jy kan by shop.kamersvol.com die pragtigste produkte koop!
KAMERS/Makers 2019 Stellenbosch
29 Oktober – 3 November, 09h00 – 17h00
Vrydag 1 November tot 19h00
Blaauwklippen Wine Estate
KAMERS/Makers 2019 Irene, Pretoria
3-8 Desember, 09h00 – 17h00
Cornwall Hill College
Kaartjies
R70 by www.plankton.mobi & R100 by die hekke – hierdie sluit ’n beperkte uitgawe KAMERS/Makers-inkopiesak, Consol glas-waterbottel en ’n tydskrif in.
Multi-dag kaartjies: R130
Groepafslag: Koop 3, kry 1 gratis
Studente en pensioenarisse: R70
Onder 18’s kry gratis toegang.
Vir meer inligting en om saam te gesels, loer hier
kamers.co.za | shop.kamersvol.com | facebook.com/kamersvol | Twitter & Instagram: @kamersvol | #KAMERS2019
Om meer uit te vind oor die KAMERS/Makers-skoue, besoek www.kamers.co.za of stuur ’n e-pos aan [email protected].
Om meer uit te vind oor Consol Glass, besoek www.consol.co.za of kontak +27 (11) 874 0000 / [email protected].
WEN dubbelkaartjies na KAMERS/Makers!
5 gelukkige lesers kan dubbelkaartjies na die Stellenbosch-mark en 5 gelukkige lesers kan dubbelkaartjies na die Pretoria-mark WEN!
Skryf sommer nou in.
Kompetisie sluit 23 Oktober 2019
[gravityform id=”490″ title=”true” description=”true”]