WEN kaartjies na die première van Poppie Nongena. Hooffoto: Melanie Cleary
Meer oor Poppie Nongena
Clementime Mosimane maak haar rolprentdebuut as Poppie. Die res van die rolverdeling sluit groot name in, soos Anna-Mart van der Merwe (Stuur groete aan Mannetjies Roux, Skin, Die Storie van Klara Viljee, Dis Koue Kos, Skat, Kanarie), Dawid Minnaar (Torings, Fiela se Kind, Nag van die 19de, 7de Laan, Amalia), Rolanda Marais (Wolwedans in die Skemer, Binnelanders, Out on a Limb, Dead Easy) en Lida Botha (Invictus, Susters, Windprint, Pad na jou Hart, Die Boekklub, Hollywood in my Huis). Nomsa Nene, wat die naamrol vertolk het in die verhoogproduksie Poppie – wat ook van 1982 tot 1984 internasionaal opgevoer is – vertolk die rol van Poppie se ma.
Lees ook: Ontmoet die rolverdeling van Poppie Nongena
Poppie Nongena vertel die aangrypende verhaal van ’n Afrikaanssprekende Xhosa-vrou wie se lewe om haar gesin draai terwyl sy probeer om stabiliteit te vind in ʼn era van ondraaglike onrus in Suid-Afrika. Dit speel in ’n tyd af waarin swart vroue deur boetes, arrestasies en gedwonge verskuiwings gedwing is om hul tuistes te verlaat om in afgeleë gebiede, die sogenaamde swart tuislande, ’n nuwe lewe te gaan begin.
Lees ook: Kom kuier saam agter die skerms met Anna-Mart van der Merwe en Rolanda Marais
Wanneer Stone, Poppie se man, te siek word om te werk, beskou die owerhede haar skielik as ’n onwettige burger in haar eie land. Sy voer ’n desperate stryd om wettiglik te mag bly, al beteken dit sy moet van huis na huis trek en gedurig aansoek doen vir permitte en verdere uitstel. Poppie werp alles in die stryd om nie van haar kinders geskei te word nie. Maar uiteindelik word sy vasgevang in die spervuur van haar kinders se behoeftes, haar man se siekte, ’h gemeenskap se woede en onderdrukkende wette. In 1976 – net toe die onluste uitbreek – word Poppie uiteindelik gedwing om die stryd gewonne te gee.
Die roman is wyd geloof en word steeds beskou as baanbrekerswerk in die Afrikaanse letterkunde. Dis binne die eerste vier maande drie maal herdruk en uiteindelik in dertien tale vertaal. Plaaslik is dit bekroon met die W.A. Hofmeyr-, CNA- en Louis Luyt-prys. Die British Royal Society het Joubert bekroon met die Winifred Holtby-prys en sy is in 1981 aangewys as ’n “Fellow of the Society”. Joubert se latere werk is bekroon met talle plaaslike en internasionale pryse, onder meer die Hertzogprys, die mees gesogte prys in die Afrikaanse letterkunde.
Die veelbekroonde dramaturg en regisseur Christiaan Olwagen het die regie behartig, en Vicci Turpin was verantwoordelik vir die kinematografie. Olwagen was die regisseur van drie vorige rolprente (Die Seemeeu, Johnny is nie dood nie en Kanarie). Die draaiboek is deur Olwagen en die bekroonde dramaturg Saartjie Botha verwerk.
Kyk ook: Agter die skerms van Poppie Nongena
Jy kan dubbelkaartjies na die première van Poppie Nongena WEN
10 gelukkige lesers kan elk dubbelkaartjies na die première van Poppie Nongena in Sandton, Johannesburg, op 16 Januarie 2020 WEN!
Let wel dat die première plaasvind in Sandton in Johannesburg. Vervoer en verblyf word nie gedek nie – lesers moet hul eie verskaf. Daar sal wel verversings by die première bedien word.
Bepalings en voorwaardes geld.
Inskrywings sluit 8 Januarie 2020
[gravityform id=”505″ title=”true” description=”true”]