Vanjaar se HOMEMAKERS EXPO in Kaapstad fokus op gemak. Die ekspo word van 29 Augustus tot 1 September by die CTICC aangebied. Die ekspo het “raw comfort” as tema gekies om die jongste neigings in tuisdekor, ontwerp en leefstyltendense in hul 24ste ekspo uit te beeld.
Besoekers kan ‘n omvattende uitstalling van tophandelsmerke en plaaslike vakmanskap verwag – en dit alles onder een dak.
Van die hoogtepunte is binnehuisversieringsruimtes, soos d’VINE life en items wat suiwer vakmanskap uitbeeld. Daar is dekorelemente vir jou buite-leefstylruimte en moenie die tuisteater, betonwerkswinkel en AV-emporium misloop nie. Gaan verkyk jou aan die jongste ontwerpelemente vir die kombuis, kuns en tekstiele. Daar is ook ‘n ontwerpwedstryd.
By die Interior Spaces-uitstalling sal dekor- en ontwerpkenners pragtige vertrekontwerpe met die jongste eksklusiewe dekor, meubels en materiale skep.
Die immergewilde d’VINE life sal weer ‘n verskeidenheid heerlike plaaslike lekkernye, wyne en eksklusiewe tuisgebroude bier en jenewer aanbied.
By truly ARTISAN sal ‘n versameling dekoratiewe handwerk en ontwerp uitgestal word. Dit wissel van handgemaakte keramiek en leergoedere tot kuns en juwele.
Verken die buitelug-leefstylruimtes, wat patiomeubels, huisgereedskap en nuwerwetse tuindekor en –gereedskap insluit.
Sien die kenners in aksie by die home/ tuisteater. Hulle sal jou inspireer met nuttige selfdoenprojekte vir jou huis, asook kookdemonstrasies.
Die Raw CONCRETE Teater deur World of Decorative Concrete (WODC) is ‘n kreatiewe ruimte waar vakmanne en ontwerpers die vele gebruike van beton in funksionele ontwerp demonstreer. Werkswinkels word uurliks aangebied waar jy kan sien hoe om kosbare artikels te maak, tafel te dek met beton, en meer.
Die AV Emporium bied weer die jongste in klank- en visuele tegnologie aan en stal die beste digitale infotainment-toestelle uit.
Die splinternuwe uitstalruimte, The Kitchen, bied opwindende demonstrasies deur bekende sjefs, baristas en kroegmanne aan. Van verruklik tot verblindend, elke minuut sal jou aan jou sitplek vasplak met vermaak.
Die ontwerp-, kuns- en tekstielontwerp-wedstryd word in samewerking met Hill’s Pet Nutrition en Domestic Animal Rescue Group (DARG) aangebied. Die geld sal geskenk word aan troeteldiere wat minderbevoorreg as ons eie is. Plaaslike ontwerpers sal ook R50 000 in prysgeld kan wen. Die wedstryd sal ontwerpers die kans gee om unieke meubels vir troeteldiere te ontwerp. Dit sluit in ontwerperbeddens, katsitplekke, multifunksionele meubels en toestelle waarin diere kan reis.
In die kunskompetisie kry kunstenaars en ontwerpers ‘n basiese houtbed wat met verf, mosaïek, collage, metaal, tin of enige ander kunsmedium in ‘n unieke bed omskep moet word. In die tekstielontwerp-kompetisie moet ontwerpers unieke afdrukke skep. Expo-besoekers sal genooi word om hul gunsteling- ontwerp of -kunswerk in elke afdeling te kies.
Sandy Edwards, HOMEMAKERS Expo se organiseerder in Kaapstad, sê die ekspo gaan vanjaar gelaai wees met inspirasie en kreatiewe idees. “Dit gee besoekers die ideale geleentheid om al die dinge wat hulle nodig het vir hul huis- en tuinprojekte onder een dak te sien,” sê sy. Sy belowe dat die uitstalling vanjaar die perfekte platform sal skep vir ambagsmanne, vervaardigers, spesialiste en kundiges om hul eksklusiewe produkte te vertoon. Sowat 340 uitstallers se werk sal te sien wees in ‘n gebied van 8 500m².
Die Kaapse HOMEMAKERS Expo word trots aangebied deur HOMEMAKERS, die grootste huisverbetering-uitstalgroep in Suid-Afrika, wat ook in Johannesburg, Pretoria en Port Elizabeth uitstal. Elke jaar besoek 100 000 besoekers die uitstallings.
KAARTJIES:
Beskikbaar by die deur of van Quicket (http://www.quicket.co.za).
Volwassenes: R90 | Pensioentrekkers: R70 | Kinders onder 16 kry gratis toegang
29 – 31 Aug 2019: 10:00 – 19:00 | 1 Sept 2019: 10:00 – 18:00
Vir meer inligting skakel (021) 511 2800 of stuur ‘n e-pos aan [email protected] Besoek hul webtuiste.
Twitter | Facebook | YouTube | Pinterest | Linkedin
#hmexpo
Bepalings en voorwaardes geld. Kompetisie sluit 19 Augustus 2019.
[gravityform id=”479″ title=”true” description=”true”]