Hi-Tec het pas hul nuwe Leo 2023-versameling, wat uit aktiewe drag en gimklere vir vroue bestaan, met ’n nuwe voorkoms en gevoel uitgebring. Of dit nou vir gim of bergklim is, die Leo-versameling se leuse is “Leef uitsonderlik”, en dit is ontwerp met die oog op die ywerige hardloper of gimgeesdriftige wat ’n aktiewe leefstyl geniet. Gemak, ondersteuning en funksionaliteit is die hoofeienskappe van dié vroueklere wat plaaslik gemaak word.
Die splinternuwe, modieuse reeks word van ’n ligte materiaal gemaak wat sag is, asem haal en maklik kan rek. Volgens Izelle Nel, die verkoopsbestuurder van klere by Hi-Tec, bevat “al die materiaal wat in hierdie reeks gebruik word, ’n hoë persentasie spandeks, wat elke kledingstuk rekbaar, buigsaam en belangriker, gemaklik maak.”
Sy verduidelik verder: “Ons het sommige van die kledingstukke met hoëdrukmateriaal vir ondersteuning ontwerp, en dit sluit maasstof in wat lug deurlaat. Die materiaal is liggewig, haal asem en voel ongelooflik op jou lyf!”
Heelwat studies het gewys dat kleurryke oefenklere jou motiveer om fiks te raak en jou prestasie beïnvloed. Met die Leo-versameling se mooi dog subtiele kleure, wil die handelsmerk mense inspireer om op ’n manier te beweeg wat hulle gelukkig maak terwyl hulle steeds in die mode bly. “Ons wou seker maak hierdie versameling voel vars en prettig! Ons het Acid Lime by die ontwerp ingesluit, ’n nuwe hoofkleur vir Hi-Tec, en dit het dadelik alles opgehelder. Die geometriese patrone en helder uitstaankleure gee ’n speelse en energieke gevoel aan die reeks – dis presies wat dit nodig gehad het,” sê Izelle.
Met ’n ontwerp wat vir elke liggaamsbou en -grootte werk en ’n sterk, vroulike patroon, is die Leo-versameling gemaak met vroue in gedagte. Hi-Tec wil hê dat vroue hul speelsheid en vroulikheid moet koester, en dat hulle met selfvertroue aktief moet raak. Die kledingstukke in die versameling sluit in Geometric Swirl Crop, Active Tank, Active Long Sleeve, Geometric Swirl Shorts and Long Tights Daar is dus opsies om by jou persoonlike styl en voorkeure te pas.
Die versameling word plaaslik in Kaapstad met ingevoerde materiale van hoë gehalte vervaardig. Dit werk slim saam met jou lyf om prestasie te verbeter, maak nie saak hoe straf die oefening is nie. Dit is beskikbaar in klein tot ekstra-ekstragroot, en word jaarliks in die seisoen se toppatrone vrygestel. Die Leo-versameling sal binnekort in alle Hi-Tec-winkels beskikbaar wees.
Koop die Leo-versameling of ander oefenklere by ’n Hi-Tec-winkel naby jou of aanlyn.
Staan ’n kans om oefenklere van Hi-Tec ter waarde van meer as R 2000 te WEN!
Bepalings en voorwaardes: Alle pryse in rooi rose is onderhewig aan beskikbaarheid en is nie oordraagbaar, herverkoopbaar of terugbetaalbaar vir kontant nie. Vir nog bepalings en voorwaardes, besoek www.rooirose.co.za
Om in te skryf, volg @rooirose op Instagram en Facebook en voltooi die onderstaande vorm:
Sluitingsdatum: 31 Augustus 2023