Da Luca Sparkling Rosé is ’n heerlike rosé vonkelwyn wat gemaak is van ’n versnit van Merlot en Raboso vanaf die klein produsente in die Veneto-streek in Noord-Italië. Dit het ‘n vrugtige boeket en sprankelende elemente van framboos en aarbeie.
Geniet die feestyd hierdie vonkelprop-ster. Dit is gesofistikeerd, elegant en sensueel Italiaans met ’n tikkie lieflike charisma wat sjarmant sal wees in alle sosiale kringe.
Da Luca is op sy beste as dit geberg word by 8-12 grade Celsius. Dit kan op sy eie geniet word, in skemerkelkies en as ’n verfrissende aperitief saam met etes.
3 gelukkige lesers kan ’n kis Da Luca Sparkling Rosé wen om hierdie feestyd te geniet. Die prys sluit ’n ysemmer asook aflewering in en is R1 200 elk werd.
Die kompetisie sluit 29 Desember 2018.
[gravityform id=”431″ title=”true” description=”true”]