Kersinkopies hoef nie hierdie jaar ’n beslommernis wees nie. FALKE Suid-Afrika het wonderlike geskenkidees vir mans en vrouens, wat perfek onder jou Kersboom gaan pas.
Vir vroue is daar ’n paar Cupid enkelsokkies met romantiese geborduurde roosdetail op die sool en ’n vroulike frilletjie om die enkel, wat pragtig by tekkies of sandale sal pas. Die sokkies kom in ’n unieke krale- en draadhartjie, wat jy daarna as dekoritem of selfs as ’n versiering vir jou Kersboom kan gebruik.
Vir die modieuse mans in jou lewe is die elegante geskenkpak met ’n paar luukse Dot enkelsokkies en ’n bypassende sy tooi-sakdoekie (pocket square) vir jou baadjiesak die perfekte, stylvolle keuse. Vanjaar hoef jy nie eens besige winkelsentrums te trotseer nie, maar kan sommer direk by FALKE se aanlynwinkel by www.falke.co.za bestel. Die hartjie kos R240, terwyl die mansgeskenkpak verkoop teen R450. Terwyl jy aanlyn is, loer sommer ook na FALKE se uitgebreide reeks modesokkies, sykouse en wye verskeidenheid sport-spesifieke of veeldoelige sportsokkies.
Vir meer besonderhede, kontak FALKE op 021 951 2137 of besoek www.falke.co.za.
[gravityform id=”430″ title=”true” description=”true”]