WEN groot dié Moedersdag! – Inligting en foto’s verskaf
Laat jou ma ekstra spesiaal voel dié Moedersdag!
Jou ma het jou nog altyd eerste gestel, en nou is dit jóú beurt om dieselfde vir haar te doen.
Om ’n ma te wees, is waarskynlik die heel moeilikste werk ter wêreld! ’n Ma is nie nét ’n ma nie, sy is ’n voedingkundige, gesondheidsorgkundige, tuisonderwyser, werker, skoonmaker, versorger, raadgewer en afrigter. Vanjaar is veral taai met die Covid-19-pandemie, en ma’s regoor die wêreld dra die swaarste las tydens die inperking. Veral in 2020 moet ons ons ma’s meer as ooit tevore bederf en ekstra spesiaal laat voel.
En met dié vlak 4-inperking is dit moeiliker as vantevore om die regte geskenk te kry om vir jou ma dankie te sê… Maar moenie bekommerd wees nie, want Mothers-day.co.za is hier om jou te help met weldeurdagte idees en oulike geskenke om Moedersdag ekstra spesiaal te maak!
Vanjaar keer Mothers-day.co.za terug vir hul derde jaar met nog groter pryse (ter waarde van altesaam R100 000) op die spel.
’n Groot verskeidenheid top-handelsmerke het aan boord gekom om Mothers-day.co.za te ondersteun, insluitend Warwick Wine Estate, Travelstart, UCOOK, Freedom of Movement, NOMU, SweepSouth en ORMS. Besoekers aan Mothers-day.co.za staan die kans om ’n verskeidenheid produkte en geskenke van dié opwindende handelsmerke te wen. En as jy op soek is na idees vir Moedersdag-geskenke, gaan maak gerus ’n draai op die blad vir waardevolle wenke en inspirasie.
Boonop het Mothers-day.co.za hierdie jaar ook Orange Babies onder hul vlerk geneem. Orange Babies is ’n Suid-Afrikaanse nie-winsgewende organisasie wat vroue in kwesbare gemeenskappe help om jong kinders en babas te versorg wat weeskinders is, besmet is met MIV/vigs of wie se ouers te siek is om vir hulle te sorg. Mothers-day.co.za het gekies om die Orange Babies Yabonga-projek, waar vroue hul eie huise oopmaak en die kinders in hul gemeenskap ondersteun, uit te lig.
Besoek vandag nog Mothers-day.co.za en beplan die perfekte geskenk!
Boonop kry rooi rose-lesers ’n ekstra kans om ’n heerlike geskenk te WEN!
Een gelukkige rooi rose-ma en dogter staan die kans om elkeen ’n verpersoonlikte leerhandsak (met ’n gesamentlike waarde van R4 090) van Freedom of Movement te wen!
Vir ma
Die klassieke Joanne-handsak:
Onderskatte styl en ’n simplistiese ontwerp maak die Joanne-handsak die perfekte sak vir elke geleentheid. Dis gemaak van topgehalte leer, met ’n magnetiese clip sodat die sak maklik oop en toe gemaak kan word. Pragtige kontrasterende stikwerk, ’n sak aan die buitekant en onafgewerkte leer met ’n sak wat toerits binne maak van hierdie sak ’n wenner.
Vir dogter:
Die stylvolle Ella-handsak:
Die Ella-handsak is die perfekte kombinasie van styl en gemak. Dis moeiteloos veelsydig met ’n losmaakbare handvatsel en band – perfek vir ’n dag op kantoor, of vir ’n deftige aandjie uit! Die Ella is vervaardig van topgehalte leer met ’n FOM-voering.
WEN groot dié Moedersdag!
Een gelukkige rooi rose-ma en dogter staan die kans om elkeen ’n verpersoonlikte leerhandsak verpersoonlikte leerhandsak (met ’n gesamentlike waarde van R4 090) van Freedom of Movement te wen!
Bepalings en voorwaardes geld.
Sluitingsdatum: 31 Mei 2020
[gravityform id=”541″ title=”true” description=”true”]