Franschhoek Cellar-wyne, wat deur ons wynmaker en kundige wynmaakspan gemaak word, se mikpunt is om die “joie de vivre” van die Franschhoekvallei en die natuur en grootsheid van die Kaapse Wynlande in elke teugie vas te vang.
Franschhoek Cellar se Village Walk-reeks is deur die ryk geskiedenis en herkoms van die Franschhoekvallei geïnspireer – die wyne is daarom heel gepas volgens verskeie monumente en bakens in en rondom die dorp vernoem. Statue de Femme Sauvignon Blanc en Baker Station Shiraz is maar ’n paar. Die wyne wat gemaak is om in rus en vrede te geniet, is die perfekte pasmaat vir die alledaagse lewe en met ’n fokus op een variëteit, is dit perfek vir enige geleentheid: van spesiale vieringe tot werksetes en romantiese aandjies uit. Die Franschhoek Village Walk-reeks bied ’n wyn vir elke smaak en beursie.
By die Cellar Door, wat net af van die hoofpad by die ingang tot Franschhoek is, kan jy ’n wye verskeidenheid van wynproeë, geregte en ’n kinderspeelplek geniet. Sluit by ons aan by spesiaal saamgestelde wynproeë wat met handgemaakte sjokolade en kaas gepas word, heerlike deli-styl middagetes onder die eikebome of ’n heilsame naweekontbyt. Franschhoek Cellar is ook een van die min bestemmings in die vallei wat ’n speelplek vir kinders het waar daar toesig gehou word, en pret vir die hele gesin beteken!
Franschhoek Cellar is ook die tuiste van twee luukse kothuise wat perfek sentraal geleë is om die Franschhoekse vallei en die omliggende wynlande te verken. Albei die Rose en Protea-kothuis is naby die werkende kelder geleë, het gemaklike en moderne geriewe, en is die ideale plek om terug te sit en net te ontspan. Bespreek ’n naweek by die Franschhoek Cellar, en verken alles wat die vallei jou kan bied terwyl jy aan jou gunstelingwyn van Franschhoek Cellar teug.
Saam met hierdie aanbod het Franschhoek Cellar ook ’n keuse van unieke geleentheidslokale wat vir enigiets van troues, verjaarsdae, verlowings, korporatiewe groepe en meer intieme byeenkomste gepas sal wees. Daar is ’n plekkie by Franschhoek Cellar wat in jou behoeftes sal voldoen. Met die hulp van hul vriendelike personeel, sal Franschhoek Cellar aan jou ’n onvergeetlike geleentheid skep.
Franschhoek Cellar is ’n pragtige aanwins tot die Franschhoek-wynroete, met die sjarme van die rustige platteland en die elegansie van ’n lokaal van wêreldklasgehalte wat aan elke behoefte voldoen. Dit is beslis ’n besoek werd!
Een gelukkige leser kan Franschhoek Cellar-wyn en ’n drasak vir twee bottels ter waarde van R2 600 WEN!
Bepalings en voorwaardes: Alle pryse in rooi rose is onderhewig aan beskikbaarheid en is nie oordraagbaar, herverkoopbaar of terugbetaalbaar vir kontant nie. Vir nog bepalings en voorwaardes, besoek www.rooirose.co.za
Om in te skryf, antwoord die maklike vraag en voltooi die onderstaande vorm:
Sluitingsdatum: 1 Desember 2024