FAT bastard en Zola Nene span saam vir Chardonnaydag 2024
FAT bastard Chardonnay, ’n geliefde Suid-Afrikaanse gunsteling, neem hande met die kulinêre meester, Zola Nene, om Chardonnaydag op 23 Mei 2024 te vier. FAT bastard het hulle so daartoe verbind om die kultivar te vier, dat hulle die hele maand #FbChardonMay genoem het!
Hulle bied ’n heerlike passing saam met Zola se botterboontjie-en-sampioen-kerrie, ’n romerige matige kerrie met ’n bietjie garam masala en met blatjang versoet. Dit komplementeer die ryk en fluweelagtige note van die FAT bastard Chardonnay perfek. Zola Nene, ’n hoog aangeskrewe kookboekskrywer, TV-sjef en kosstilis bring haar kundigheid na die tafel en skep ’n dis wat moeiteloos pas met die nuanse en romerige tekstuur van die FAT bastard Chardonnay. “Ek is so opgewonde om met FAT bastard saam te werk en te wys hoe goed chardonnay met ’n wye verskeidenheid geure pas,” sê Zola.
Riekie Viljoen, FAT bastard se handelsmerkbestuurder, sê: “Mei is nie net ’n maand nie; dit is ’n viering van al die dinge chardonnay. Ons is so opgewonde om weer saam met Zola te werk en ons FAT bastard Chardonnay te vertoon – die oupa van al die FAT bastards.”
Bykomend tot die klassieke 750 ml-glasbottel, is die FAT bastard Chardonnay beskikbaar in ’n gerieflike 2 l-boks. Dit is vir daardie mense ontwerp wat daarvan hou om groot te gaan. Die slanke verpakking pas knus in die yskas se deur, wat dit gerieflik maak vir in-die-oomblik-kuiers en ander ontspanningstye.
FAT bastard Chardonnay is landwyd beskikbaar, met die 750ml-glasbottel wat vir ongeveer R120 verkoop en die 2l-boks vir R175.
Vir meer inligting oor FAT bastard Chardonnay en #FBChardonMay-viering, besoek www.fatbastardwine.co.za.
Sampioen-en-botterboontjie-kerrie
4 porsies
Voorbereidingstyd: 10 minute
Kooktyd: 30 minute
Bestanddele
- 15 ml (1 e) kanola-olie
- 1 groot ui, gesny
- 8 kerrieblare
- 1-2 rooi brandrissies
- 5 ml (1 t) komynsade
- 5 ml (1 t) swart mosterdsade
- 30 ml (2 e) knoffel-en-gemmer-pasta
- 30 ml (2 e) garam masala
- 15 ml (1 e) matige kerriepoeier
- 250 ml (1 k) gekapte tamaties
- 400 g gekapte sampioene
- 250 ml (1 k) groente-aftreksel
- 45 ml (3 e) vrugteblatjang
- 1 blikkie (400 ml) klappermelk
- 1 blikkie (400 g) botterboontjies
- 20 g vars koljander, gekap
- sout en peper vir smaak
- gaar rys
Metode:
- Verhit olie in pot oor matige hitte.
- Voeg uie, kerrieblare, heel rooibrandrissie, komynsade en mosterdsade by. Braai uie tot sag tot dit verbruin.
- Voeg garam masala, kerriepoeier, knoffel-en-gemmer-pasta, en tamaties by. Braai vir minuut tot gekook.
- Roer sampioene in tot dit met kruie bedek is. Gooi aftreksel by en laat dit in pan vir minuut braai.
- Voeg vrugteblatjang en gekapte koljander by en laat vir nog 5 minute prut.
- Geur na smaak met sout en peper, en sit met rys voor.
- Sit met ’n koue glasie FAT Bastard Chardonnay voor.
Resep deur Zola Nene
WEN ’n kis met ses bottels wyn en ‘n 2l-boks ter waarde van R1 145.
Bepalings en voorwaardes: Alle pryse in rooi rose is onderhewig aan beskikbaarheid en is nie oordraagbaar, herverkoopbaar of terugbetaalbaar vir kontant nie. Die wenner moet in Suid-Afrika woon.
Vir nog bepalings en voorwaardes, besoek www.rooirose.co.za
Om in te skryf, volg @rooirose op Instagram en voltooi die onderstaande vorm:
Sluitingsdatum: 12 Junie 2024