Hierdie jaar se toerits-skoonheidsakkie het ’n ontwerp van ’n voël en ’n vrou wat in roosgoud, goud en silwer beskikbaar is. Die ontwerp vier die bemagtiging, vryheid en gemeenskap tussen die vroue van die Sparrow Society wat in die lewensveranderende SewBosses-program deelneem en boonop die sakkies met die hand gemaak het.
Vir die afgelope sewe jaar het Sparrow Society Elizabeth Arden se geskenk-by-aankope se skoonheidsakkies verskaf: 98 530 in Suid-Afrika en 702 230 wêreldwyd. Kate Brim-Senekal, die stigter en besturende direkteur van Sparrow Society, sê: “Elizabeth Arden se geskenk-by-aankope-sakkies is soveel meer as net gratis geskenke – dit is besig om mense se lewe te verander. Hulle gee aan vroue in Suid-Afrika die geleentheid om ’n beter toekoms vir hulself te skep deur iets moois te vervaardig. Vir Elizabeth Arden se verbruikers is dit absoluut ongelooflik om so iets – ’n sakkie wat soveel invloed het – in jou hand te dra.”
Verbruikers wat twee Elizabeth Arden-produkte koop, waarvan een ’n bevogtiger en die ander ’n serum is, kan in aanmerking kom om dié geskenk (terwyl daar voorraad is) vanaf uitgesoekte winkels tot en met 8 Mei kry. Die mini-produkte wat in die skoonheidsakkie is, sluit in die Advanced Ceramide Purifying Cream Cleanser (50 ml), Hyaluronic Acid Ceramide Capsules Hydra-Plumping Serum (7), Retinol Ceramide Line Erasing Eye Cream (5 ml), Advanced Ceramide Lift en Firm Night Serum (15ml), die legendariese Eight Hour Intensive Moisturising Hand Cream en ’n White Tea Eau de Toilette Spray Vial on Card (1.5 ml).
Meer as 30 jaar gelede, het Elizabeth Arden die wêreldwye skoonheidsbedryf verander met die eerste bekendstelling ter wêreld van die Ceramide Capsules asook vier verskillende moderne keramied-produkte wat by die jongste geskenk-by-aankope ingesluit is.
Wat is keramied, en hoekom is dit belangrik as dit by velsorg kom?
Keramied is tans ’n groot neiging op sosiale media en van internetsoektogte is dit duidelik dat die belangstelling daarin al hoe groter raak. Dit beteken ons kan ’n nog groter entoesiasme begin sien vir skoonheidsorgprodukte wat keramied bevat, sowel as formules wat keramied met ander topskoonheidsbestanddele soos hialuroonsuur, retinol en vitamien C bevat.
Keramied is lipiede wat natuurlik in die heel boonste laag van die vel voorkom. Dit speel ’n sentrale rol in die bestuur van ons vel se beskermingslaag, en bevogtiging. Hulle is nie net belangrik om ’n stralende voorkoms te verseker nie, maar vir seker ook ’n vel wat gesond funksioneer en boonop gesond lyk ook. Soos ons ouer raak, vervaardig ons vel minder keramied en dit dra tot ’n droë vel, broosheid en fyn lyntjies of plooie by.
Die goeie nuus is dat ons vel maklik keramiede opneem van produkte wat keramiede bevat. Dit help om die vel gesond en ferm te hou. Dis nie net van toepassing op dié vroue wat graag grasieus ouer wil word nie, maar ook op die jonger geslag wat glo voorkoming is beter as genesing. Dis waarom Elizabeth Arden die jaar met ’n geskenk-by-aankope-promosie begin om verbruikers aan ’n paar van hul jongste produkte bekend te stel wat keramied bevat.
Probeer Elizabeth Arden se keramied-produkte self:
Die Elizabeth Arden se reis met keramied begin met ’n goue reël om die vel se beskermingslaag te versterk:
Advanced Ceramide Capsules Daily Youth Restoring Serum – Ons ikoniese kapsule sal jou drievoudig teen veroudering beskerm. Die sygladde, ryk olie-serum sal jou vel met keramiede en kragtige plantaardige bestanddele vul wat jou jeugdigheid sal herstel, jou vel duidelik gladder, fermer en jonk sal laat lyk en dit gesonder sal maak.
WEN hierdie Elizabeth Arden velsorgprodukte ter waarde van R 2 397!
- Retinol Ceramide Capsules Line Erasing Night Serum – Met hierdie geteikende behandeling sal lyntjies en plooitjies sigbaar minder wees terwyl dit ook jou veltekstuur en -kleur verbeter. Elke kapsule kan net een keer gebruik word en dit word goed verseël om varsheid en kragtigheid te verseker. Plus, dit bevat geen preserveermiddels nie en is ook reukvry. Smeer elke aand van die serum oor jou gesig en nek voordat jy jou bevogtiger aanwend.
- Hyaluronic Acid Ceramide Capsules Hydra-Plumping Serum – Die wonder-bevogtiger, hialuroonsuur, en velversterkende keramiede werk saam om jou vel sigbaar voller, fermer en stralend te laat lyk.
- Vitamin C Ceramide Capsules Radiance Renewal Serum – Die syagtige droë olieserum help om jou vel sigbaar helder te laat lyk, jou kleur egalig te maak en jou teen vroeë verouderingstekens te beskerm. Ná net een gebruik, sal jou vel duidelik helderder vertoon.
Bepalings en voorwaardes: Alle pryse in rooi rose is onderhewig aan beskikbaarheid en is nie oordraagbaar, herverkoopbaar of terugbetaalbaar vir kontant nie. Vir nog bepalings en voorwaardes, besoek www.rooirose.co.za
Om in te skryf, volg @rooirose op Instagram en Facebook en voltooi die onderstaande vorm:
Sluitingsdatum: 30 Maart 2023