Toe daar in 2011 besluit is dat die Suid-Afrikaanse wynbedryf nie meer die woord “port” op hul kentekens mag gebruik nie (soortgelyk daaraan om nie “champagne” te gebruik nie, maar wel MCC, want dit word nie in die Campagne-streek van Frankryk gemaak nie), het die Kaapse portvervaardigersvereniging (CAPPA) besluit dat die woord “Kaaps” saam met die spesifieke styl gebruik sal word, soos Kaapse tanig, Kaapse robyn, ens. Aanvanklik het dit soos ’n maklike oplossing gelyk, maar dit het as groot verrassing gekom om te ontdek dat Jan Alleman (met die uitsondering van ’n meer deurwinterde en gesofistikeerde wynkenner) nie in die algemeen bewus is van hierdie verandering nie. Die gevolg is dat ’n Kaapse robyn ’n robynwyn met ’n portstyl (waarna ons in geskrewe media as “port” verwys) is. Dalk effens verwarrend, maar as die skoen pas … Al word dit wêrelde apart vervaardig en die port wat in Portugal gemaak word effens meer aan die droë kant is, word dieselfde druiffvariëteite gebruik, dieselfde tegnieke toegepas en sonder twyfel syfer dieselfde passie deur na die produk toe. Daar is natuurlik iets te sê daaroor om ’n koue glas wit port te drink met die Duoro-vallei in die agtergrond of om een van die cinta’s te besoek om ’n verouderde oesjaar te geniet. As daar egter een ding is wat ons van die Portugese geleer het, is dit dat portstylwyne deur almal geniet, omarm en gevier behoort te word, ongeag die geleentheid.
Met winter steeds in ons midde, is dit tyd om oor tradisionele portstylwyne te gesels. Ons hoop hierdie oorsig sal insig en inspirasie bied sodat jy dit sal wil probeer, jou gunstelingwyn met ’n portstyl sal vind en jou gunstelingmanier om dit te drink, sal ontdek. Die De Krans Premium Cape Ruby, vernoem na die briljante, lewendige robynrooi kleur daarvan is ’n nie-oesjaarwyn in ’n portstyl, wat met ’n mengsel van verskillende oesjare gemaak is om ’n goed afgeronde wyn te vervaardig. Die wyn is glad en dit het fluweelagtige tanniene om die ryp pruim, blou- en rooibessies met ’n spatseltjie kaneel, speserye en viooltjies te komplementeer wat hierdie die perfekte portstyl wyn maak om wanneer jy kook of bak te gebruik. Gaan gerus voort en voeg die De Krans Premium Cape Ruby ruimhartig by jou potjie of enige vleisgereg– ons waarborg jou dat dit jou vleisgereg tot die volgende vlak sal neem. Die Cape Ruby is ook ’n wonderlike pasmaat vir ’n tradisionele Kaapse bobotie, waterblommetjie-bredie, ’n eenvoudige pasta en hartlike soppe.
As jy na ’n wyn met ’n portstyl op soek is, wat jy net so kan drink of saam met ’n lekker poeding kan geniet, dan kan jy beslis nie met die De Krans Cape Vintage verkeerd gaan nie. Dit gaan baie goed saam met gebakte poeding soos sjokoladefondant, ’n stuk donkersjokolade, of ’n beleë kaas. Oesjaarportstylwyn is ook lekker saam met ’n Karoolamspotjie, wildspastei of geroosterde groentelasagne. Die portstylwyn het ’n diep persrooikleur wat ’n aanduiding is van die intens, vol en ryk rooi vrugte, droë pruime, kakao en speserye wat dit op die tong het. Die tannine is duideliker in hierdie port en die styl is gemaak om in die bottel te verouder (tot en met 20 jaar) of dit kan teen ’n vroeër ouderdom ook geniet word. Hierdie portstylwyn is ’n uitstekende, sakpaswyn van gehalte.
Van al die verskillende portstylwyne is De Krans Cape Tawny Limited Release seker die uniekste en heeltemal anders van enige ander portstylwyn. Dit is na die robyn/tanig kleur daarvan genoem, ’n kleur wat verkry is nadat dit vir ongeveer agt jaar in ’n houtvaatjie verouder het. Danksy hierdie veroudering en die stadige suurstofopname, is die tannine sag met vrugtige geure wat in neuterige, toffie- en karamel- smake ontwikkel het. De Krans Cape Tawny Limited Release is ’n uitstekende alternatief vir sjerrie en word effens koud bedien. Die Cape Tawny is nie net ’n goeie pasmaat vir gebakte winterpoeding, soos malvapoeding en crème brûlée nie, maar ook vir gebakte kaaskoek met heuning, neute en roosmaryn. Dit sal verder geregte soos bruinuiesop, varkvleislendestuk wat met droëvrugte gestop is of garnale wat in ’n ligte Maleise styl voorberei is, komplementeer.
Die De Krans Vape Vintage Reserve, die vlagskip by De Krans, is werklik iets spesiaals. Die port het ryp rooibessies en kersies, gestoofde pruime en donkersjokolade op die neus. Dit is ’n donkerswart kleur met ’n pruimrooi rand. Die portstylwyn van De Krans het verskeie Platter 5-ster-graderings, Veritas-dubbelgoudmedaljes en verskeie ander toekennings in die twee laaste dekades gewen, insluitend om as bes versterkte wyn in die Suid-Afrikaans wynverslag deur die Britse wynmeester Tim Atikin genoem te word. Om werklik die gehalte van hierdie uitsonderlike wyn te ervaar en te waardeer, kan die Cape Vintage Reserve net so geniet word. Dis ook ’n goeie pasmaat vir beleë kaas. Die Cape Vintage Reserve maak ’n uitstekende geskenk aangesien dit weggebêre kan word en vir 40 jaar verouder kan word (in gunstige, koel toestande terwyl die bottels platlê).
Winter is ’n wonderlike tyd om kos en wyn saam met vriende en familie te geniet – of dit is om saam kos by die huis te maak en De Krans Cape Ruby te gebruik; ’n glas Cape Tawny ná ’n luilekker Sondagmiddagete in die winterson te geniet; of om op die bank voor ’n kaggel met ’n gladde Cape Vintage op te krul. Ons sien uit daarna om jou wintersoomblikke saam met jou te deel en te vier.
Direk beskikbaar vanaf die plaas of vanaf uitgesoekte winkels regoor die land. Hierdie topportstylwyne kos onderskeidelik R107 (Cape Ruby), R139 (Cape Vintage) en R240 (Cape Tawny) in die winkels. Vir meer inligting besoek www.dekrans.co.za.
Staan ’n kans om een van twee gemengde kaste van De Krans se portstylwyne te WEN!
Elke kas bevat 3 x De Krans Premium Cape Ruby Port en 3 x De Krans Vape Vintage Reserve.
Bepalings en voorwaardes: Alle pryse in rooi rose is onderhewig aan beskikbaarheid en is nie oordraagbaar, herverkoopbaar of terugbetaalbaar vir kontant nie. Vir nog bepalings en voorwaardes, besoek www.rooirose.co.za
Om in te skryf, volg @rooirose op Instagram en Facebook en voltooi die onderstaande vorm:
Sluitingsdatum: 24 Julie 2023