Vroeër hierdie maand het ons ’n heerlike aand by Haute Cabriere saam met Guerlain, aangebied deur luukse skoonheidsbestemming ARC, deurgebring. Ons het die somer, volhoubaarheid en ons innerlike gloed gevier soos wat die son oor die Bolandse berge gaan sak het.
Volhou jou innerlike gloed
Die stylikoon Jackie Burger het die aand se skoonheidsgesprek gelei. Dit het oor die broodnodige praktyk van self-sorg, en die belang daarvan om handelsmerke van waarde te ondersteun.
Die redakteur en entrepreneur se insig pas soos ’n handskoen by die ingesteldheid van Guerlain, ’n tydlose handelsmerk wat daarna streef om die natuur te beskerm.
Die krag van volhoubaarheid
Guerlain het op ’n aktiewe manier volhoubaarheid die middelpunt van hul werk oor die laaste 14 jaar gemaak, met biodiversiteit en die beskerming van bye as een van hul pilare.
Sedert die by vir die eerste keer in 1828 op hul bottels verskyn het, het Guerlain hulself, deur middel van ’n aantal inisiatiewe binne die “Guerlain For Bees Conservation Program”, aan die beskerming van hierdie diere toegewy.
ARC het onlangs Guerlain aanlyn en in die winkel bekendgestel. Hierdie handelsmerk, wat die plaaslike skoonheidsindustrie in Suid-Afrika ontwrig, het nou vier winkels en bied, natuurlik, die beste in plaaslike en internasionale skoonheid aanlyn aan.
Om Guerlain en ander gunsteling-handelsmerke te koop, besoek gerus www.arcstore.co.za.
ARC gee vir drie gelukkige lesers die kans om een van drie Guerlain-geskenkpakke te wen, wat die volgende insluit:
Abeille Royale Youth Watery Oil
Abeille Royale skoonheidspakkie met Abeille Royale deluxe-grootte produkte
Om in te skryf, voltooi die onderstaande vorm: