Die winter is hier en die weer herinner ons dat dit tyd is om lekker warm aan te trek. ’n Wêreldleier in innoverende, gemaklike skoene, Crocs, Inc. (NASDAQ: CROX), verseker dat jy hierdie seisoen met hul knus versameling Classic Lined Clogs en Classic Neo Puff Boots, saam met die nuwe Classic Lined Sandal (wat alles verpersoonlik kan word met pasgemaakte Jibbitz Charms™) bedek is – perfek vir binne of buite!
Die Classic Clog wat ‘n gemaksrevolusie oor die wêreld begin het, het ‘n doen-dit-alles-styl waarvoor jy dag na dag liewer sal raak. Koop die stewels in ‘n nuwe gevoerde weergawe met ‘n nylon-tregternek sodat jy die beste van albei wêrelde kry – Klassiek met ‘n stewelvoorkoms wat maklik is om skoon te maak en vinnig droog word. Moet-hê-artikels vir jou klerekas en geliefd deur miljoene mense van alle ouderdomme, Crocs Classic Clogs bied liggewiggemak, ‘n kleur vir elke persoonlikheid, en ‘n konstante uitnodiging om gemaklik in jou eie skoene te wees.
Almal hou van die gerief van die legendariese Crocs Classic Clog en met die warmer gevoerde weergawe kan daardie gevoel nou die hele jaar behou word. Fantasties as ‘n pantoffel, maar tog in staat om jou ook lekker warm te hou op daardie koue oggend-uitstappies, hul Croslite™-skuimkonstruksie maak hulle salig ondersteunend, en gemaklik. Verwag ‘n ruim pasvorm met die donsvoering van 100% poliëster saam met Dual Crocs Comfort™, wat ‘n diep kussing en sagte gevoel bied met ondersteuning die heeldag lank. Die draaibare hakbande gee jou ‘n stewige pasvorm, of druk dit vorentoe om net in te trap en by die deur uit te wees!
Van klassieke wit, swart en grys tot ’n kol kleur met laventel, pienk en knoop-en-doop- afdrukke, gryp die Classic Lined Clog vir slegs R 799,95 in die winkel of aanlyn. As jy jou wintervoorkoms wil verbeter, koop die Classic Neo Puff Boot vir slegs R 1 299,95 by ‘n winkel naby jou of aanlyn.
Reën of sonskyn, hierdie gemaklike style is maklik om aan te trek wanneer jy met die hond moet stap en stylvol genoeg vir ‘n koffie saam met vriende en familie!
Mode is veelsydig, en watter beter manier om die handelsmerk-etos van “Come As You Are”, wat diversiteit verteenwoordig, te vier as om aan individue ‘n skoen te bied wat nie net gemak bied nie, maar hulle tussen die skare laat uistaan deur hul skoene met Jibbitz Charms™ te verpersoonlik en dit hul eie te maak!
Crocs sal voortgaan om leiers op hul gebied te wees en sal in die komende maande grafika, afdrukke en style wat uitstaan, bekendstel!
WEN! WEN! WEN!
Vul jou winterklerekas aan deur dalk een van drie R1 000 Crocs-koopbewyse te wen!
Bepalings en voorwaardes: Alle pryse in rooi rose is onderhewig aan beskikbaarheid en is nie oordraagbaar, herverkoopbaar of terugbetaalbaar vir kontant nie. Vir nog bepalings en voorwaardes, besoek www.rooirose.co.za
Sluitingsdatum: 20 Julie 2022
Om in te skryf, voltooi die onderstaande vorm: