Swanger vroue se gunstelingdrankie is hier!
Om alkohol te drink as jy swanger is, is beslis nie ’n goeie idee nie, maar gelukkig is water nie meer die enigste opsie nie. Ná baie ure se peuter en eksperimenteer, het Musgrave Crafted Spirits hul Inspirit bekendgestel – dit is ’n aromatiese, 0% alkoholvrye aftreksel wat deur hul bekende Rose Pink-jenewer, ’n eerste van sy soort in Suid-Afrika, geïnspireer is. Inspirit is net so goed soos die Ware Jakob en en beter vir jou tydens jou swangerskap.
Dit word met 12 rare plantsoorte gemaak wat deur die antieke kruieroete van Afrika geïnspireer is. Inspirit word met kardemom en jenewerbessie gemaak, wat die Afrikagemmer, lemmetjie en Grains of Paradise goed komplementeer om dit harmonieus en geurig af te sluit.
Nie net is Inspirit ’n gesonde alternatief nie; dit is ook die perfekte “Amper Mamma”-ooievaarstee-geskenk. Eksperimenteer met Inspirit en probeer gerus hierdie fantastiese alkoholvrye mengeldrankie.
Turkse drankie
Bestanddele
- 15 ml (1 e) roosstroop
- 15 ml (1 e) pynappelstroop
- 15 ml (1 e) suurlemoensap
- 25 ml lietsjiesap
- 15 ml (1 e) Akwafaba (die sap van ’n blikkie kekerertjies)
- 50 ml Musgrave INSPIRIT
- Voeg al die bestanddele in ’n skemerkelkiefles met ys en skud vir 30 sekondes. Skink dit deur ’n fyn sif in ’n coupé-glas.
- Versier met ’n sosatiestokkie met Turkse lekkers en tiemie op geryg.
Vir meer inligting gaan na www.musgravespirits.com
Meer inligting
Musgrave Pink was Suid-Afrika se oorspronklike pienk jenewer, wat die inspirasie agter INSPIRIT is, en is met dieselfde pioniersgees vir avontuur geskep. Die Musgrave-familie se vele ontdekkingstogte deur Afrika aan die einde van die 19de eeu het veral ’n rol gespeel. Hul verhaal is een van avontuurlus en ontdekking, en verteenwoordig die sterk gees van die patriarg, Maurice Boon Musgrave.
Staan ’n kans om een van drie bottels Musgrave INSPIRIT te WEN!
Bepalings en voorwaardes: Alle pryse in rooi rose is onderhewig aan beskikbaarheid en is nie oordraagbaar, herverkoopbaar of terugbetaalbaar vir kontant nie. Vir nog bepalings en voorwaardes, besoek www.rooirose.co.za
Om in te skryf, volg @rooirose op Instagram en voltooi die onderstaande vorm:
Sluitingsdatum: 11 Mei 2024