Wen een fourfive-geskenkpak ter waarde van R 1 500!
fourfive is die geesteskind van twee professionele rugbyspelers, Dominic Day en George Kruis, wie se rugbyloopbane ’n behoefte aan ’n produk na vore gebring het. Die produk is om professionele atlete en aktiewe mense tydens herstel met ’n natuurlike alternatief, kannabidiol (KBD), te help.
Dominic en George het geglo dat hulle deur hul eie persoonlike sportervarings ’n betroubare natuurlike aanvulling moes vind en albei het gevoel dat KBD die pad is om te gaan. Uiteindelik het hulle die reg in eie hande geneem en hul eie reeks produkte, wat binne die riglyne en regulasies sou val, geskep.
Hul KBD-reeks, wat uit olies, spiervryfmiddels en kapsules bestaan, is spesifiek met aktiewe mense in gedagte ontwerp. Om hulle professioneel en internasionaal tot selfs groot hoogtes te neem, het hulle die leiding en bystand van die voormalige professionele rugbyspeler, Bryan Habana, ingeroep. Hy het onlangs ‘n onskatbare toevoeging tot die fourfive-span as belegger en ambassadeur geword. Bryan Habana het die trotse rol aangeneem om die internasionaal bekende handelsmerk ‘n hupstoot te gee en hulle na selfs groter hoogtes te neem deur hul reeds bekroonde handelsmerkprofiel nog verder te laat groei.
Bryan Habana, ‘n naam wat in die sportbedryf bekend is vir meer as net sy talente op die veld, is ‘n professionele aanwins vir enige korporatiewe handelsmerk wat die voorreg het om met hom geassosieer te word. Met ‘n passie vir doelgerigtheid en ‘n sake-ingesteldheid om daarby te pas, het hierdie entrepreneuriese meesterbrein sy visier op fourfive CBD gerig.
Maar dit is hul jongste produk wat almal aan die praat het – hul 600 mg- Rest CBD Oil! Nuut op die mark, nuut in Suid-Afrika, nuut vir alle KBD -liefhebbers!
By fourfive weet hulle dat die geheim van ‘n goeie herstel gehalteslaap is, en daarom is hul nuwe Rest Oil ‘n moet vir alle welstandkrygers. Die dae is verby dat jy wakker word met die geluid van jou wekker en voel asof jou kop nou eers die kussing getref het!
“As jou hoofdoel slaap is, dan is dit die beste produk wat vir goeie rus kan help,” sê belegger en ambassadeur, Bryan Habana.
Maar jy wonder dalk wat terpene is, of hoekom hulle Myrcene gekies het? Hierdie natuurlike verbindings word in allerhande plante, vrugte en groente aangetref en is gekoppel aan ontspanning en slaap. Myrcene word in hoë volumes in mango’s aangetref en is meestal verantwoordelik vir hul heerlike geur.
Deur dit te kombineer met hul KBD van ’n hoë gehalte wat deur ’n derde party getoets is, sal hul Rest CBD Oil jou in ‘n japtrap verfris laat voel.
fourfive-produkte bevat natuurlike, nie-verslawende en goeie bestanddele. Danksy dit het baie mense dit gebruik om hul aktiewe lewenstyl aan te help. Hulle het dit gesien as ‘n manier om uit die kloue van dormansie te ontsnap, op die natuurlike manier.
Deur ‘n KBD-reeks van ’n hoë gehalte te skep, het Dom en George met trots ‘n handelsmerk geskep wat na ‘n skoon, deursigtige en betroubare KBD-bedryf werk, wat KBD vir sportmense, atlete en vir almal voorsien!
Die fourfive-produkte is almal maklik om te gebruik, maklik om te doseer en maklik om saam te neem, selfs op jou besigste dae.
Die fourfive CBD Rest Oil verkoop vir R429,99 en kan op hul webwerf gekoop word, by https://fourfivecbd.co.za.
Wen een fourfive-geskenkpak ter waarde van R 1 500!
Bepalings en voorwaardes: Alle pryse in rooi rose is onderhewig aan beskikbaarheid en is nie oordraagbaar, herverkoopbaar of terugbetaalbaar vir kontant nie. Vir nog bepalings en voorwaardes, besoek www.rooirose.co.za
Om in te skryf, voltooi die onderstaande vorm: