ASICS verbind hulself tot hul filosofie dat ’n gesonde verstand aan ’n gesonde liggaam gelyk is. Hulle wil graag wys hoe sport en beweging die krag het om jou te help om jou verstand en liggaam op te beur.
ASICS het pas hul gemaklikste hardloopskoen nog, die GEL-NIMBUS™ 26, bekendgestel. Die skoen sit beter en het ook ’n beter greep vir selfs ’n gladder hardloopervaring.
Die belangrikste aanpassing tot die 26ste weergawe is die byvoeging van die nuwe HYBRID ASICSGRIP™-tegnologie. Die kombinasie van ASICSGRIP™-tegnologie en AHARPLUS™-buitesoolrubber bied beter trekkrag, is sagter en het gevorderde duursaamheid, wat hardlopers gemaklik op nat of gladde oppervlaktes laat hardloop.
Om die bekendstelling van die GEL-Nimbus 26 te vier, gee ons graag ’n paar van hierdie fantastiese oefenskoene aan een van ons lesers weg.
Bepalings en voorwaardes: Alle pryse in rooi rose is onderhewig aan beskikbaarheid en is nie oordraagbaar, herverkoopbaar of terugbetaalbaar vir kontant nie. Vir nog bepalings en voorwaardes, besoek www.rooirose.co.za
Om in te skryf, volg @rooirose op Instagram en voltooi die onderstaande vorm:
Sluitingsdatum: 20 Februarie 2024