Wintertyd is mos tyd vir lekker warm winterbredies en rooiwyn en nou kan jy die kans staan om ‘n hele kis van Laborie se voortreflike Cabernet Sauvignon en ’n Scanpan te wen!
Laborie-landgoed in die hartjie van die Paarl produseer al vir 300 jaar kwaliteit wyne en is een van die oudste wynplase in Suid-Afrika.
Laborie bied wynliefhebbers verskeie wyne om van te kies en te keur: 3 Méthode Cap Classiques (Blanc de Blanc, Brut, Brut Rosé), 7 stil wyne (Sauvignon Blanc, Chenin Blanc, Chardonnay, Cabernet Sauvignon, Merlot, Merlot-Cabernet blend en Shiraz) en een nageregwyn van 100% Pinotage-druiwe: Pineau de Laborie. Alles wat jou hart begeer vir elke moontlike okkasie.
Laborie-wyne kan geproe en gekoop word by die KWV Wine Emporium
WEN
2 lesers kan elk ’n kis van 6 van Laborie se Cabernet Sauvignon 2017 wyne en ’n Scanpan roosterpan ter waarde van R5000 wen! Beantwoord die maklike vraag en voltooi die onderstaande vorm om in te skryf.
Cabernet Sauvignon word nie verniet die koning van die druiwe genoem nie: Dié elegante Laborie Cabernet Sauvignon met sy ryp rooibessie-aromas op die neus is elegant met sagte tannien en ’n talmende einde. Bedien dit saam met jou gunsteling bredie ’n lekker geskroeide steak.
Kompetisie sluit: 30 Augustus 2018
[gravityform id=”390″ title=”true” description=”true”]