Die somervakansie is hier en as daar al ooit ’n jaar was, wat ons net ’n goeie breuk nodig het, is dit hierdie een. Net soos die afgelope paar jare, was 2023 nogals uitdagend. Of jy reis en of jy by die huis bly vir die vakansie: Ons almal het bietjie pret in die son hier teen die einde van die jaar nodig om net weer asem te skep en op betekenisvolle maniere weer saam met ons geliefdes te wees.
Heelwat Suid-Afrikaners gaan bosveld of see toe – of selfs oorsee! Dit bring uitdagings mee wat ’n stokkie kan steek voor enige goeie bedoelinge om net te rus en te ontspan oor die vakansie. Ons staar die gewone stressors van in die lug of op die pad te reis in die gesig asook skielike irritasies van in nuwe omgewings te wees, soos byte en steke, stuifmeel en grassade. Gewoonlik sit ons met kwale soos angs, kopseer, ’n gebrek aan slaap en sinusitis wat ons met ’n arsenaal van medisynes oor die toonbank of met ’n voorskrif probeer stuit. Die gekwalifiseerde apteker en aromaterapeut, Doryce Sher, deel ’n ander perspektief wanneer dit by die vakansietyd kom. Sy sê: “Jy het ’n keuse om jou gesin se algehele welstand ’n prioriteit te maak deur jou met jou doelwitte vir goeie welstand te belyn en van vinnig werkende, doeltreffende natuurlike oplossings gebruik te maak sodat jy nie ’n stewige noodhulptassie hoef op te bou nie. Boonop het hierdie natuurlike middels ook geen newe-effekte nie.”
Doryce is die stigter van Aromatic Apothecary en het 30 jaar se ervaring daarin om beproefde aromaterapie-oplossings te formuleer wat in houertjies kom, wat maklik is om te dra en aan te wend, soos klein aanrollers of inasemingstoestelle wat Suid-Afrikaners help om algemene gesondheidskwessies te bekamp en lastige simptome vinnig te verlig. Sy sê: “Dis so belangrik wanneer ons reis dat alles kompak en georganiseerd is. Jy wil oplossings vir jou gesondheid en welstand hê wat in jou sak of handsak gedra kan word. Dit is nodig om ongemak, veral dié wat deur ons kinders ervaar word, vinnig en doeltreffend te hanteer. Ons het ware oplossings nodig wat enigiets wat die vreugde uit ons kosbare aftyd sal neem, kan teëwerk.”
Hier is Doryce se reiswenke:
As jy rustig wil raak
Of jy met die gewoel van die lughawe te doen het, ongehoorsame kinders op ’n padreis of familie- frustrasies, smeer vinnig hierdie nuttige Stress-less-mini-aanroller (wat in jou sak pas) op jou polse, hals en neus en asem dit in. Doryce sê: “So dikwels bring die beplanning en uiteindelike begin van die vakansie heelwat spanning mee. Ons probeer dalk die laaste saktye te haal of ons het ’n vrees vir vlieg. Ons moet hierdie angstigheid hanteer deur onsself rustig te maak sodat ons diep asem kan haal en helder kan dink. Hoe meer gespanne ons is, hoe minder duidelik kan ons dink en dan raak ons al hoe meer onorganiseerd. Dit werk teen ons, want ons het meer selfvertroue en voel positiewer oor die vooruitsig om te reis wanneer ons georganiseerd is. Ons hanteer die onvermydelike vertragings, frustrasies, verkeer, klomp mense, meningsverskille tussen familielede en vriende en ander dinge wat net nie volgens ons plan verloop nie beter wanneer ons rustig en gesentreerd is. Die Stress-less-mini-aanroller is ’n mengsel van laventel, malva en kamille wat gemaak is om te balanseer en gerus te stel, diep asemhaling bevorder en die brein se aandag aflei van die angstige toestand of stresvolle situasie. Dis jou ideale reisgenoot en jou vinnige oplossing as jy jou kinders met die ongemak van reis wil help.”
As jy diep wil slaap
Ons kan nie minder klem daarop lê hoe genoeg slaap jou welstand beïnvloed nie en ook bepaal of dit die vakansie is waarvoor ons gehoop het. Ons geniet natuurlik die opwinding van reis, maar dit saai nogals verwoesting met ons slaappatrone wanneer ons oor tydsones gaan of net weer aan ’n nuwe bed in ’n onbekende plek gewoond moet raak. Doryce sê: “Natuurlik het ons al die gebruiklike slaapmedisynes beskikbaar, maar die probleem is hulle laat jou nie natuurlik slaap nie. Daar is ’n
groot aanvraag vir natuurlike hulpmiddels om te kan slaap. Dit help om bewus te wees en om so gou as moontlik in ’n gesonde ritme te kom. Slaaptydrituele werk vir kinders en volwassenes. Dis belangrik om bewustelik afskaaltyd te maak net voor jy bed toe gaan, wat ook beteken jy sluit kaffeïen en alkoholiese drankies uit. ’n Lekker ontspannende bad en sagte musiek is ideaal. Lees ’n boek, maar bly weg van skerms af. Gedurende die somermaande is dit belangrik dat die kamer se temperatuur gemaklik is. Saam met hierdie slaaptydrituele, bied Silent Moments Mini-aanroller wat aan die polse en onder die neus gesmeer kan word ’n reuk wat jou dadelik rustiger en kalm laat voel. Met malva, kamille, laventel en neroli wat met sorg gekalibreer is, werk dit ook wonderlik vir kinders wat deur die nuwe vakansie-omgewing oorweldig voel.”
As jy op en wakker wil wees
Die ander kant daarvan om nie goed te slaap nie is om die nuwe dag te begin terwyl jy tam voel of net moeg is ná al jou inspanninge rondom die vakansie of net al die gewarrel van die einde-van-die-jaar se sosiale geleenthede. Soms moet ons ons kop, lyf en siel op ’n gesonde manier ligter laat voel. Doryce sê: “Kom ons wees maar eerlik. Reis en om vakansie te hou, is dikwels uitputtend. Jy moet dalk heeltyd jou aandag op die pad hou terwyl jy ’n lang rit aanpak of jy wil jouself opkikker nadat jy lekker moeg aangekom het. Ons steun dikwels op stimulante soos kaffeïen om ons te help om aandag te gee en te fokus, selfs al sal dit ons hartklop laat versnel. Wanneer jy op algehele welstand fokus, soek jy oplossings wat terselfdertyd vinnig in die oomblik help, maar geen langdurige effek op jou hart het nie. Die Wake Up & Focus-mini-aanroller kan herhaaldelik aangewend word sonder dat dit enige skade veroorsaak. Kruisement, suurlemoen en roosmaryn is natuurlike stimulante met geen newe-effekte nie terwyl die reuk van malva dit alles balanseer sodat jy nie op hol voel nie.
As jy pyn wil verlig
Kopseer is een van die algemeenste, uitmergelende pyne wat net vererger wanneer ons reis of ’n baie besige sosiale skedule het. Lugdruk verander op vliegtuie; jy raak dalk karsiek in die motor, trein of op ’n boot. Spanning in verhoudings en sinusprobleme as gevolg van allergiese reaksies kan ook hoofpyne sneller, wat ’n groot impak op jou weerstand en welstand het. Doryce sê: “Jou eerste reaksie tot hoofpyn moet wees om water te drink, want dis dikwels ’n simptoom van ontwatering. Ons Headache Care-mini-aanroller is ’n aromaterapie-oplossing wat ons goed op die proef gestel het, en word graag gebruik in lande met die mees gevorderde mediese stelsels, soos Switserland. Die kombinasie van kruisement, marjolein en laventel kan die kloppende, dowwe of steek-hoofpyne verlig.”
As jy beter wil kan asem haal
Wanneer ons met vakansie gaan, gaan ons dikwels na nuwe omgewings en ons kom nader aan mense. Daar is ook ’n hoër stuifmeeltelling en grassade wat in die somerlug versprei veroorsaak allergiese reaksies soos sinusitis. “Ons het voorkomende en genesende hulpmiddels nodig, maar wanneer ons reis, aandag op die pad moet gee en gefokus moet bly, help dit om ’n natuurlike ontstuwingsmiddel soos Cold & Sinus Soother-mini-aanroller te hê. Dit is ’n natuurlike oplossing wat jou nie lomerig maak nie terwyl dit jou immuunstelsel ’n hupstoot gee en ’n goeie werk daarvan maak om infeksie te beveg, lugweë oop te maak, jou keel en ore te streel, en die styfheid in jou bors te verlig.”
As jy die vakansie met selfvertroue wil ingaan
Veranderinge in jou dieet, slaap en oefenroetine veroorsaak dat ons vel tydens die vakansie uitbreek – juis wanneer ons op ons beste wil lyk. Doryce sê: “Soms word ons velroetine versteur: Ons lyk dalk van buite of ons goed spanning hanteer, maar dit wys op ander maniere. Die Zap-Zit-mini-aanroller wat in ’n sak of handsak pas, sluit teeboomolie (wat anti-aansteeklik is); laventel wat strelend is en nuwe selgroei bevorder en bergamot wat ’n suur is in. Die mengsel is in ’n jel met alkohol sodat die
aanroller selfreinigend is en altyd die vel skoonmaak. Dit kan herhaaldelik aanwend word, letterlik op die knoppie. Moet dit egter nie aanwend as jy in die son lê nie.”
As jy irritasies wil streel
Dit is sonder twyfel opwindend om in die bosveld of op die strand oor die vakansietyd te wees, maar dit kan uitdagend wees om minder lekker aspekte soos muskiete en bloublasies die hoof te moet bied. Die reisnoodhulpkissie moet ’n kuur vir byte en steke insluit, en dis beter as hierdie oplossings veilig en doeltreffend is. Doryce sê: “Die Zap-Bites-mini-aanroller bied ’n natuurlike verdowende en verligtende oplossing wat jou sal help ophou jeuk sodat jy nie aanhoudend jou vel krap nie. Dit is veilig om dit herhaaldelik aan ’n byt te wend. Omdat die aromaterapiegeure in ’n alkoholmengsel voorkom, is dit makliker om die aanroller selfs te gebruik op byte wat al stukkend gekrap is. Dit sal help om seker te maak daar kom nie kieme in die wond nie.”
Hoe werk aromaterapie?
Die geure wat ons inasem, soos dié in essensiële olies, sneller die reuksenuweestelsel wat inligting stuur na die limbiese deel van die brein, wat emosies, herinneringe en sekere fisiologiese funksies insluit. Doryce sluit af: “Diep in ons limbiese stelsel is daar ’n verstaan wat verby taal gaan. Ons herken en verstaan reuke. Byvoorbeeld, as jy met jou oë toe die Aromatic Apothecary Silent Moments-mini-aanroller (wat kalmerend is) en die Aromatic Apothecary Wake Up & Focus-mini-aanroller (wat stimulerend is) probeer, sal jy maklik die verskillende doeleindes van elke mengsel kan bepaal sonder die help van ’n deskundige. Daar is ook ’n direkte effek wanneer jy die mini-aanroller gebruik, want essensiële olies word direk in die bloedstroom en die weefsel deur die vel opgeneem wanneer dit aangesit word. Die wonderlike ding van aromaterapie en die Aroma-noodhulptassie is dat dit jou welstand terugplaas waar dit behoort te wees: in jou eie hande.”
Staan ’n kans om 1 van 3 Aroma Aid-geskenkpakke te WEN!
Elke geskenkpak het ‘n waarde van R 875 en sluit die volgende produkte in:
Stress-less Mini Roll-on, Silent Moments Mini Roll-on, Wake Up & Focus Mini Roll-on, Headache Care Mini Roll-on, Cold & Sinus Soother Mini Roll-on, Zap-Zit Mini Roll-on en Zap-Bites Mini Roll-on.
Bepalings en voorwaardes: Alle pryse in rooi rose is onderhewig aan beskikbaarheid en is nie oordraagbaar, herverkoopbaar of terugbetaalbaar vir kontant nie. Vir nog bepalings en voorwaardes, besoek www.rooirose.co.za
Om in te skryf, volg @rooirose op Instagram en voltooi die onderstaande vorm:
Sluitingsdatum: 4 Januarie 2024