kategorieë: Leefstyl

Welkom Lente!

Welkom lente! deur Cornel Dunn. Hoof foto deur Johan Wilke.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1. Skrop alles goed skoon

Selfs al bring jy niks nuuts in jou huis nie, kan dit immers silwerskoon wees. Vat jou tyd en maak jou huis deeglik skoon. Moenie net afstof nie, maak ook seker dat al die lelike merke op mure en matte verdwyn.

Lees ook: Dis tyd vir ’n lenteregruk vir jou lewe

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2. Ontklotter behoorlik

Terwyl jy skoonmaak, kan jy ook van al die klotter ontslae raak. Al is jy ’n versamelaar, is daar miskien van die stofvergaarders wat kan gaan. Begin by ’n enkele vertrek soos die slaapkamer en neem jou tyd om ander te seën met dinge wat nie meer by jou huis pas nie.

Lees ook: Die beste wenke vir ’n klottervrye huis

3. Skuif jou meubels

Hierdie is ’n maklike manier om ’n vars voorkoms te kry sonder om geld te bestee!

Vermy impulsiewe aankopies en kyk ’n bietjie rond in jou eie huis.

Die bank wat ’n versamelplek geword het vir alles, kan dalk mooi lyk aan die voetenent van jou bed. Die foto’s van jou onlangse gesinsvakansie kan ’n pragtige galery word. Miskien kan jy die bank wat al dekades teen dieselfde muur staan ’n nuwe plekkie gee …

Ruil ook jou meubels met vriende en familie.

Lees ook: 5 dekorfoute wat jy nie moet maak nie

4. Bring plante in

Noudat jou plek skoon en klottervry is, voeg ’n paar huisplante by. Maar dink daaroor of jy die verantwoordelikheid van plante wil hê. Gaan jy dalk lang tye weg van die huis? Benodig dit baie son? As jy onseker is, vra hulp by ’n kwekery.

Lees ook: Die beste wenke vir binnenshuise plante

Vetplante vir beginners

Treurvy. (R360) Plantify

5. Vrolike tekstiele werk

Hou jy van strooikussings en oorgooidekens? Kry ’n ekstra stel vir hierdie seisoen.

Wanneer die lente kom, pak ek gebreide oorgooidekens, kunspels en ander swaar materiale weg. Ek kies dan lig en helder.

Geblom en geruit is perfek vir die lente.

Lees ook: Kry die mooi seestyl vir jou huis

6. Verf is fantasties

Hoewel verf meer tyd en energie gaan verg, is die verfkwas die beste manier om jou huis na lente te omtower.

Lees ook: Ons wys jou hoe om ’n fokusmuur te skep

Welkom lente!

7. Vars lug is goed vir jou

Maak die vensters oop. Sproei ’n blomgeur in jou huis. Jy kan ook kerse of olies gebruik.

Lees ook: Hoekom jy in linne moet belê

Hoe om die meeste uit jou ateljeewoonplek te kry

Botanique-spreier in frangipanigeur (R399) @home

Verskaffers

@Home | home.co.za

Plantify | plantify.co.za

Green leaf | greenleafhome.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Cornel Dunn

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

3 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

3 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

3 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

3 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

3 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.