Vermy ’n bonkige voorkoms. Die enigste manier wat hierdie kombinasie vir ’n troue kan werk, is as die romp blink en die trui van dun geweefde breistof gemaak is. Hou jou juwele ook eenvoudig en minimalisties. Hoëhakskoene is ’n moet – dit rond die voorkoms formeel af (vir ’n alledaagse voorkoms kan jy jou hakskoene vir ’n paar modetekkies verruil.) Bind jou hare in ’n hoë balletbolla en verf jou lippe rooi.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }’n Pelsbaadjie of bolero is ’n groot belegging vir wintermaande. Dit hou jou warm én is deftig en boonop kan jy dit saam met enigiets dra. Dit pas egter die beste by ’n rok of ’n romp.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }As jy ’n aanhanger van fluweel is, is hierdie jaar se wintermode vir jou: Fluweel is een van dié materiale vir winter. ’n Fluweelrok lyk stylvol vir ’n troue en dit hou jou warm. Indien jy eerder ’n broek na die troue wil dra, hou by swart. Jou enkelstewels moet dun hakke hê, aangesien ’n broek jou uitrusting meer informeel kan laat voorkom. Doen ook meer moeite met jou hare en grimering saam met hierdie uitrusting.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Die langmourok gee ’n Spaanse gevoel en daarom is klokmoue volop in die winkels. Hou die res van jou uitrusting eenvoudig, maar speel met bykomstighede, detail en tekstuur. Borduur- en appliekwerk is hierdie jaar se grootste tendens. Die langmoue gepaard met jou danspassies sal genoeg wees om jou deur die loop van die geleentheid warm te hou.
Gebreide rokke verg baie aandag; belê dus in ’n duursame materiaal. Kies ’n snit wat jou figuur vleiend omvou, sodat jy dit saam met ’n jas of baadjie kan dra sonder om lomp voor te kom. ’n Lyfkous / Spandex onderaan is ook ’n slim idee, omdat dit jou nog warmer sal hou en om daardie ongewensde wintervetjies te verdoesel. Dra blink skoene om aandag te trek en hou jou bykomstighede klassiek met goud- en pêreldetail.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…
Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…
In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…
Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi …
Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…
Hierdie webwerf gebruik koekies.