kategorieë: VelsorgSkoonheid

Weet jy watter tipe vel jy het? Ontleed jou vel met ons 5 stappe

Weet jy watter tipe vel jy het? Ontleed jou vel met ons 5 stappe. Deur Suzanne Kotzé en Corné Greeff.  Hooffoto: Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ontleed jou vel

Weet jy watter tipe vel jy het? Ontleed jou vel met ons 5 stappe:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1. Hoe voel jou vel soggens wanneer jy wakker word?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dit sal wys of jou nagroom te ryk is vir jou, of dit jou vel te veel voed, of dalk nie genoeg nie. Dit sal ook wys of jy ander produkte op jou T-paneel moet gebruik.

2. Hoe voel jou vel teen die middag?

Indien jy teen die middag al ’n olierige skynsel op jou vel het, is dit ’n teken dat jou vel olierig is. Dit is ook ’n aanduiding dat die produk wat jy gebruik dalk te ryk is, of nie voldoende is om jou vel gedurende die oggend te beskerm nie.

3. Het jou vel al gereageer op enige produkte en/of het jy enige allergieë?

’n “Ja” is ’n onmiddellike aanduiding dat jy versigtig moet wees met die gebruik van enige aktiewe produkte, of selfs te veel produkte wat die vel kan oorstimuleer. Indien dit die geval is, begin eerder met een produk sodat jou vel geleidelik aan ’n velreeks gewoond kan word.

4. Is jou oë soms sensitief, en brand of jeuk hulle?

Indien dit die geval is, is dit belangrik om ’n produk te gebruik wat nie aktief is nie om te keer dat enige sensitiwiteit kan opvlam.

5. Hoe maak jy jou vel skoon?

Maak jy jou vel deeglik genoeg skoon, of bly daar nog grimering of vuiligheid agter nadat jy jou gesig gewas het? As jy nie al die produkte of vuiligheid afkry nie, kan jou porieë verstop wat swartkoppies en puisies kan veroorsaak. Behoorlike reiniging is uiters belangrik.

Daddy’s Deals bied hierdie vrouemaand wonderlike winskoop-gesigbehandelings vir lesers in Pretoria, Umhlanga Ridge in Durban en Foreshore in Kaapstad aan. Klik op jou ligging om te sien watter unieke behandeling naby jou beskikbaar is!

Lees ook: 10 velsorgwenke wat jy jou dogter moet leer

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

3 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

14 hours Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

1 day Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

1 day Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

1 day Gelede

Kleur in met strooikussings

Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.