kategorieë: WenkeSkoonheid

Wees waterwys met hierdie wenke

Was jou hande sonder water

Al doen jy hierdie net ’n paar keer per dag, kan jy liters water spaar. Hou houers “hand sanitizer” by wasbakke. Let wel: dit kan jou hande meer uitdroog so hou maar handerooom ook daarby.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Probeer hierdie produkte:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Verwyder grimering sonder water

Met produkte soos micellar water is dit nie nodig om jou gesig ook te was nie. Dit dien as ’n tipe magneet wat vuiligheid uittrek en watte hiermee saam is alwat jy nodig het.

Probeer die volgende produkte:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

As jy egter nie sonder gesigwas kan nie, verwyder eers jou grimering met grimeerlappies of grimeerverwyderaar en watte en was jou gesig dan net vinnig met ’n gesigwas en water. Sodoende hoef jy nie jou gesig ’n paar keer te was om ook van grimering ontslae te raak nie.

Probeer die volgende produkte:

Harewas: mis ’n dag

Met droë sjampoe hoef jy werklik nie elke dag hare te was nie. Mense met fyn hare sukkel gewoonlik die meeste met hare wat teen kopvelle vassit, maar droë sjampoe absorbeer oortollige olie en gee lekker volume. En vir brunette is daar goeie nuus, daar is nou heelwat droë sjampoes beskikbaar. Ons gebruik dit sommer gereeld as ’n stileermiddel vir volume.

Probeer die volgende produkte:

Wees dag twee ’n bietjie meer kreatief en speel met haarstyle of dra jou hare in ’n poniestert as jy langer hare het. Vlegsels werk beslis ook beter as jou hare “minder skoon” is. Die half op, half af styl is ook ’n wenner.

Kyk hier:

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

2 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

2 hours Gelede

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

4 hours Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

5 hours Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

22 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

23 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.