kategorieë: Skoonheid

Wees waks-wys

Verskillende waks-style

½ been: Sluit die bo-kant van jou voete en tone ook in. Tot bo-oor en net bokant jou knieë; gewoonlik tot so vier vingers bo-kant jou knieg. Voor en agter. Strip-waks word gewoonlik gebruik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

¾ been: Sluit bo-kant van voete en tone in. Tot bo-oor jou knie en tot omtrent die helfde van jou bo-been. Voor en agter. Strip-waks word gewoonlik gebruik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Volle been: Sluit bo-kant van voete en tone in. Tot bo-oor jou knie. Bokant van jou bobeen tot by jou broeki- lyn. Strip-waks word gebruik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Bikini: Alle hare rondom die area van jou broekie en die binnekant van jou bo-bene. Strip-waks word gebruik.

Brasiliaans: Alle hare af, behalwe ’n landingstrokie (’n dun strokie hare in die middel). Warm waks word gebruik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hollywood: Alles af (sluit ook die binneboud-haartjies in). Warm waks word gebruik.

Onderarm: Alle hare onder die arm. Warm waks word gebruik.

Halwe arm: Tot by die vou van jou elmboog; sluit hande en vingers in. Voor en agter. Strip-waks word gebruik.

Volle arm: Voor- en agterkant van die hele arm, van onder die skouer. Sluit hande en vingers in. Strip-waks word gebruik.

Maag (vroue): Van bo die broekie-lyn tot by jou naeltjie en soms die omliggende deel. Strip-waks word gebruik.

Moets

• Skilfer jou vel gereeld af om die opbou van dooie vel te verhoed. Dooie vel kan ingroeihare veroorsaak.
• Waks gereeld.
• Bevogtig jou vel twee keer per dag om droë vel te voorkom.

Moenies

• ’n Warm bad neem of stort vir ten minste agt ure voor jou waks nie.
• Anti-perspirant aanwend vir agt ure voor jou onderarm-waks nie.
• Vermy stywe klere na ’n waks.
• Vermy die son net na jou waks.
• Moenie jou vel afskilfer vir 24 uur na jou waks nie.
• Moenie skeer tussen waks-behandelings nie.
• Moenie grimering aanwend vir vier ure na jou gesig gewaks is nie.
• Moenie jou vel krap na ’n waks-behandeling nie.
• Moenie room aanwend na ’n waks nie.
• Wees versigtig vir waks as jy medikasie neem wat jou bloed verdun of jou vel sensitief maak.

Nog rooi rose-wenke

• Dink aan jou waks-afspraak soos ’n afspraak by die ginekoloog; sorg dat jy skoon en vars is.
• Jy kan ’n pynpil drink so halfuur voor jou afspraak.
• Een van die grootste foute wat ons ooit gemaak het, was om verdowingsalf aan te smeer, net voor die afspraak. Die salf het ten minste ’n halfuur nodig om te werk en die waks het toe net rondgegly op die salf wat dit die pynlikste waks ooit gemaak het.
• As jy swanger is, veral teen die einde, is waks pynlik. Wees gewaarsku.

Pssst: Die Sorbet-groep verklap watter waks-style die gewildste is in SA:

Kaapstad (Canal Walk) – Hollywood, wenkbroue en lip en onderarm
Kaapstad (Durbanville) – wenkbroue, Hollywood, lip
Port Elizabeth (Walmer Park)– Hollywood, onderarm, wenkbroue en lip
Johannesburg (Riverside Bryanston) – Hollywood, lip en wenkbroue, onderarm
Pretoria (The Club, Brooklyn) – Hollywood, lip & wenkbroue, onderarm
Nelspruit – Hollywood, wenkbroue, halwe been
Sasolburg – wenkbroue, lip en vol bene waks
Hartebeespoort – Hollywood, onderarm en wenkbroue

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

10 hours Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

11 hours Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

12 hours Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

13 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

15 hours Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

18 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.