kategorieë: In die nuusJou lewe

Wees veilig aanlyn

Deur Anet Schoeman. Foto Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dit is gerieflkik en vinnig om dinge aanlyn te doen. Aanlynwinkels, motorhuur, vlugte, banksake … Tog stel jy elke keer sensitiewe inligting omtrent jouself beskikbaar wat ernstige gevolge kan hê as dit in die verkeerde hande beland.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Volgens ACI Worldwide (’n maatskappy wat betalingstelsels bestuur) het bedrog met betrekking tot aanlynaankope met 31% toegeneem tussen Januarie 2017 en Januarie 2018 terwyl aanlynaankope met slegs 16% vermeerder het. Vakansietye maak dit boonop nog makliker vir aanlynbedrogplegers omdat mense meer aankope as gewoonlik doen en dus nie altyd so fyn opvolg soos gewoonlik nie. Banke is ook onder groot druk tydens besige tye en vind dit moeiliker om agterdogwekkende aankope betyds te identifiseer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Beskerm jouself, kyk uit vir die volgende

Pasop vir vals e-posse en webwerwe

Maak webwerwe self oop en moenie ’n skakel volg nie. Die meeste van ons word so oorlaai met e-posse dat dit maklik is om per ongeluk ’n vals e-pos met aanhegsels vol virusse oop te maak sonder om mooi te kyk. Of om nagemaakte skakels te volg wat op die oog af eg lyk, maar met nadere betragting ’n spelfout of ekstra letters raak te sien. Gewoonlik is dit versoeke van jou bank of SARS om persoonlike inligting soos jou bankbesonderhede en ID-nommer deur te gee sodat ’n terugbetaling of oorbetaling bemagtig kan word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

As jou gunstelingaanlynwinkel vir jou ’n afslagkoepon met ’n skakel aanstuur, moenie oorhaastig wees en daarop klik nie. Gaan liewer self na die aanlynwinkel se webwerf, doen jou inkopies, en gebruik dan die afslagkoepen wanneer jy betaal. Enige koepon wat na jou ge-epos word, sal ook op hierdie manier geldig wees.

Inspekteer die URL. ’n Regmatige webwerf sal “https” bevat eerder as net “http”. Die “s” daarby beteken die webblad is “secure”, dus veilig. Dit behoort ook ’n prentjie van ’n slot aan die linkerkant van die  URL te hê (sien voorbeeld onder).

Let op taal- en spelfoute. Vermy webwerwe wat taal- en/of spelfoute in die onderwerpreël bevat of wat net in hoofletters geskryf is.

Moenie dieselfde wagwoord gebruik nie

In ’n meningspeiling teen die einde van 2017 het 81% van mense erken dat hulle dieselfde wagwoord vir al hul aanlyntransaksies gebruik. As kuberdiewe toegang daartoe het, kan hulle op al jou ander aanlynprofiele inkom en skade aanrig. Kry ’n wagwoordbestuurder (password manager) soos Dashlane of Universal Password Manager, waarvoor jy dan net een wagwoord nodig het.

Moenie die swakste skakel wees nie

Maak dit moeilik vir kuberkrakers om jou bankbesonderhede te bekom. Moenie enige banksake of aanlyninkopies in ’n gratis WiFi-sone doen nie.

Aanlyninkopies is gerieflik, maar dis nie so veilig soos aankope in ’n werklike winkel nie.

Lees ook: 10 goed wat jy kan doen om slegte gewoontes hok te slaan

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

4 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

4 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

4 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

4 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

4 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.