kategorieë: Sukses en geld

Wees suksesvol

Meer as die helfte van die wêreld se werkpopulasie bestaan uit vroue, maar slegs 1% van hulle word as ryk of as miljoenêrs beskou. Behalwe vir die ongelykhede in salarisse tussen mans en vroue, en die poging aan gelykheid in die werkplek, is daar nog baie werk en aandag nodig, veral in senior posisies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dit is soms moeilik vir vroue om opgang te maak in die korporatiewe wêreld en derhalwe probeer hulle nie eens nie. Deesdae probeer talle vroue om hul eie besighede op die been te bring wat meer vryheid bied. Hoe dit ook al sy, die statistieke vertel die eintlike storie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ek is baie uitgesproke daaroor en almal wat my ken weet ek is passievol oor die onderwerp en voel sterk daaroor dat vroue in hulself moet glo en hul talente moet beoefen om suksesvol te wees (dit sluit finansieel in.)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dit verg dieselfde vlak harde werk vir vroue en mans om suksesvol te word.

Die verskil tussen mans en vroue is egter baie opvallend wanneer hulle sukses behaal. Vroue soek betekenis en ’n doel in hul lewens. Hulle glo harde werk moet groter mening hê as net finansiële sukses. Baie vroue raak betrokke by die filantropiese werk en oor die algemeen help hulle ander. Ek glo hoe meer vroue finansieel sterk raak, hoe meer sal ander mense gehelp word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

As jy ’n ma is en jy twyfel of jy sukses wil of moet najaag, onthou waarom jy nie moet bang wees nie: neem altyd jou kinders in ag.

Hulle leer deur wat hulle jou sien doen, en nie wat jy vir hulle sê nie.

Jy kan net vir jou dogter wys sy kan enigiets in die wêreld vermag en haar drome bewaarheid as jy as ouer bereid is om dit self te doen en die voorbeeld te stel. As jy groot drome vir jou dogter het, stap die paadjie saam met haar en wys haar hoe om sukses te behaal. Dit gaan die lewe vir haar baie makliker maak as sy ’n voorbeeld het van iemand wat dit elke dag self doen.

As jy dink jy kan ’n rol speel in die lewens van jong vroue wat nooit die geleentheid gehad het om self sukses te behaal nie, en jy kan ’n voorbeeld wees vir die volgende generasie, is dit jou plig as vrou om haar te leer hoe om haar beste lewe te lei en suksesvol te raak.

Hilda Lunderstedt is ’n entrepreneur en een van die min vroue wat haar besigheid in minder as 10 jaar opgebou het tot ’n 9-syfer omset per jaar voor sy die internasionale besigeidswêreld betree het. Vandag het sy belange in verskeie besighede maar is veral ’n passievolle spreker vir vroue. Sy glo aan sukses en raak opgewonde oor geleenthede wat die wêreld se eiendomsmark vir vroue bied om hul portefeulje op internasionale vlak op te bou.

Hilda Lunderstedt is ’n toegewyde ma van 2 jong kinders, skrywer en filantroop.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

1 hour Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

1 hour Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

1 hour Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

2 hours Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

2 hours Gelede

Heerlike winterpastagebak

Hierdie heerlike pastagebak is genoeg vir 6 porsies.

2 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.