kategorieë: VelsorgSkoonheid

Wees sonskerm-slim hierdie somer – ons beantwoord al jou vrae oor sonroom

Wees sonskerm-slim hierdie somer – ons beantwoord al jou vrae oor sonroom. Deur Suzanne Kotzé. Hooffoto: Unsplash

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoe weet jy as jou sonskerm verby sy beste is?

“As jou sonskerm olierig en loperig word kan dit ’n teken wees dat dit af is. Dit kan ook van kleur verander en vreemd ruik,” sê Darshana Bhowan NAOS SA (Bioderma en Esthederm) se opleidingsbestuurder.

“As jy egter nie seker is nie, maak eerder ’n nuwe buisie oop as om te brand,” sê Nikki Flangan, handelsmerkbestuurder van Everysun.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Jou Desembervakansie-gesondheidsoorlewingsgids

Waar is die beste plek om sonskerm te bêre?

Die meeste sonskerms met ’n goeie reputasie moet deur toetsing gaan om seker te maak dat dit nie afbreek in verskillende temperature nie, maar dit kan beïnvloed word deur ekstreme hitte of koue,” sê Dr. Jennifer Crawley, pediater vir Childs Farm.

“Daarom is dit altyd beter om jou sonroom in ’n koel, donker plek te hou.”

“Jou sonskerm moet verkieslik in ’n koel plek onder 23°C gehou word, so moenie dit los waar dit direkte lig of hitte kry soos in jou kar nie”, is dr. Judey Pretorius, stigter van Biomedical Emporium se waarskuwing.

“As jy strand toe gaan, hou jou sonskerm sommer in jou koelsakkie saam met jou koeldrank,” sê dr Judey.

So keer jy ook dat dit nie vol sand word nie. Eek, ons almal weet hoe aaklig dit voel om ’n sonskerm/sand-skrop te kry terwyl jy dit aansmeer.

Lees ook: Ontmoet dr. Judey Pretorius

Hoe lank hou sonskerm?

As jy dit reg bêre (op ’n koel, donker plek) gewoonlik 9-12 maande. Die meeste sonskerms het ’n teken op wat wys hoe lank nadat jy dit oopgemaak het dit nog reg sal wees. Nikki Flangan, Everysun handelsmerkbestuurder.

Maak liewer een sonskerm op ’n slag oop en gebruik dit op, eerder as om ’n klomp halwe buisies langer as die aanbevole tyd te hou.

Lees ook: Wenke vir gesonde hare hierdie somer

Kan jy  jou sonskerm by jou vakansiehuis los en volgende jaar weer gebruik?

Ja, mits dit nog nie oopgemaak is nie en nog nog geseël is,” sê Darshana Bhowan opleidingsbestuurder van NAOS SA (Bioderma and Esthederm). “As jy dit egter reeds oopgemaak het moet jy dit binne 9-12 maande gebruik,” sê Nikki Flangan van Everysun.

Lees ook: Selfverbruining – sonder die geel strepe en sonskade!

Hoe lank voordat jy strand toe gaan moet jy sonskerm aansmeer?

’n Halfuur voor die tyd. Dit gee jou sonskerm tyd om te begin werk en voorkom sanderige hande en sonroom wat meng.

Lees ook: Hoekom jy nou heuning vir jou vel en hare moet gebruik

Hoe verskil sonskerm vir kinders van ander sonskerm?

“Sonskerm vir kinders bevat gewoonlik minder chemiese blokkers soos avobenzone aangesien dit vel en oog-irritasie kan veroorsaak,” sê dr. Judey. “Dit het gewoonlik ook meer waterbestande bestanddele om kinders te beskerm as hulle swem.”

“Onthou egter dat kinders onder drie nie aan direkte sonlig blootgestel moet word nie. Wanneer blootstelling egter onvermydelik is, smeer sonskerm elke twee ure aan en altyd weer na elke swem,” sê Darshana Bhowan opleidingsbestuurder van NAOS SA (Bioderma and Esthederm).

Lees ook: Leer jou kinders ’n sonskerm-roetine aan

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

2 days Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

3 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

3 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.