kategorieë: Ons menseBekendes

Wees op die uitkyk vir dié kinkels in ‘Suidooster’ in November

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dié vyf storielyne gaan die tonge behoorlik laat klap:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
  • Kate neem beheer

Kate sukkel om die ongehoorsame huurders in toom te hou. Chris se besluit om die huis te verkoop skep nog meer onsekerheid by almal. Die huurders hoef gelukkig nie te trek nie want Kate besluit om die huis te koop. Maar haar besluit kom teen ’n prys vir die huurders wat hulle nie verwag het nie: Streng reëls. En nou is die gort behoorlik gaar . . .

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
  • Lee-Ann se soeke na geregtigheid

Lee-Ann sukkel steeds om die werklikheid van haar trauma te verwerk, terwyl Debbie se hulp en wraakgedagtes olie op die vuur is. Geregtigheid het nie noodwendig ’n swaard in die hand nodig nie.

  • Siya se stryd

Mo se ware gevoelens vir Siya kom op die lappe en dit hou skokkende gevolge in vir Ruiterbosch se geliefde pastoor. Boonop daag haar broer, Jacques, op en hy ruik ’n rot. Gaan Siya die storm wat hom tref, oorleef?

  • Kaashifa se restaurant-droom in gevaar

’n Swanger Kaashifa se droom om ’n fynproewer-restaurant oop te maak, veroorsaak konflik binne die Samsodien-gesin, veral wanneer Rhafiek sonder haar medewete besluit om die volle beheer (van?) aan Nazeem oor te gee.  Gaan Kaashifa haar eie gesondheid op die spel plaas en soos Nazeem kortpaaie begin neem om die restaurant aan die gang te hou? Bianca vermoed ook onraad met Nazeem aan die stuur en dit begin al hoe meer lyk of Kaashifa se droom besig is om in ’n nagmerrie te ontaard.

  • ’n Gemeenskap in konflik

Elana en Aiden snoer kragte saam om die gemeenskap meer bewus te maak van omgewingsbewustheid. Maar hul poging om Ruiterbosch “groener” te maak, het ’n onverwagte nadelige uitwerking. Veral die Anker se besigheid word hierdeur geraak. Terwyl hulle hul persoonlike en professionele uitdagings probeer navigeer, ontdek Ruiterbosch se inwoners dat vooruitgang nie altyd so eenvoudig is as wat dit lyk nie.

Lees ook: Ontmoet Megan Vorster, ‘Binnelanders’ se vurige nuwe verpleegsuster

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

1 day Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

2 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

2 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

2 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.