Deur Anet Schoeman. Foto: pixabay
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Die skuldgevoel as jy ’n voetganger raakry bly vir altyd by jou. Selfs al was dit nie jou fout nie. Kinders is spesifiek weerloos omdat hulle maklik die afstand en spoed van ’n voertuig misreken.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Suid-Afrika het ’n skokkende hoë padongeluksyfer en met die bekendmaking van 2017 se syfers is dit duidelik dat dit boonop toeneem. In 2013 was die padsterftes 11 844 en verlede jaar was dit 14 050. Oor die laaste dekade het 135 000 mense op ons paaie gesterf en die grootse persentasie hiervan is voetgangers.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }’n Studie in die VSA toon dat dat kinders onder 14 jaar dit moeiliker vind om ’n pad veilig te kruis omdat hul waarnemingsoordeel en fyn motoriese beheer nog ontwikkel.
Dit maak dat kinders onrealisties is oor die hoeveelheid tyd wat dit duur om veilig die pad oor te steek tussen voertuie. Dit vererger boonop in swak lig. Wees dus uiters bedag as jy kinders langs die pad sien en probeer van hul liggaamstaal aflei wat hul gaan doen doen vóór dit gebeur. Ry stadiger; jy het aansienlik meer afstand nodig om te rem as jy vinnig ry.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Ry ekstra stadig as jy verby ’n bus of taxi ry. Kinders mag skielik voor die taxi uitspring. Parkeerareas is net so ’n risiko met kinders wat sonder waarskuwing agter ’n voertuig uithardloop terwyl die ma met pakkies of ’n stootwa sukkel.
Kinders op fietse kan onvoorspelbaar wees. As hul staande fietsry wieg hulle maklik van kant tot kant wat meer ruimte benodig en hul teen jou kantspieel kan laat kap. Fietsryers draai ook maklik effens oor die pad as hul agter hul kyk. Maak dus seker dat jy oorgenoeg spasie bied. Wees geduldig – die paar minute wat jy op jou reis spaar deur verby fietsryers te skuur kan lewenslange gevolge inhou.
Dis frustrerend om agter ’n stadige trok te sit. Dis ook gewoonlik wanneer bestuurders ongeduldig raak en onverskillige dinge aanvang. Die gemiddelde trok weeg 56 ton: Jy wil nie in ’n tweestryd betrokke raak nie. Tog toon statistiek dat meer as die helfte van dodelike ongelukke wat vragmotors insluit deur motorbestuurders veroorsaak word.
Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…
Genoeg vir 4-6 Bestanddele Sous 60 ml (¼ k) perskeblatjang 60 ml (¼ k)…
In die wêreld van Suid-Afrikaanse musiek is daar sterre, en dan is daar legendes. Jannie…
“Mens weet nooit, terwyl jy bloed en trane stort soos jy aan ’n produksie werk,…
Genoeg vir 4-6. Bestanddele 4 snye bruinbrood, korsies verwyder 125 ml (½ k)…
Is jou beker half leeg of half vol? Maak seker jy hou daardie metaforiese beker…
Hierdie webwerf gebruik koekies.